The Bushpig Thumper Bash - Bankfontein farm - 12-14 April 2024 - Two Nights off line! & RR

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Hy het met een aangekom... nou wonder ek ook?
Rob, I thought your slogan might be described as "Excretum taurum cranium vincit" but AI's translation of it is wonderfully apt for the Bushpig Bash - "So, saddle up, face the challenges, and remember that even where there are lions, there are also opportunities for courage and growth."
 
That is so cool! But as you say AI is at a loss for words it seems. ;-)
 
Hy het 2 kort broeke aan en Bardahl in daai sakkie agterop
Ek het my pompie in die groter sakkie, het gehoop iemand kry 'n flattie, dan kan ek hulle moerse impress met so lekker pompie op 'n eensame Karoo Plaaspad.
Maar toe nou nie.
In die agterste sakkie het ek 'n botteltjie Fugit gehad, kompleet met 2 lappies om my hanne mee skoon te kry.
Dis nou met die pompie en flattie saam.
Die bottel Fugit het oopgespring, ALLES is potblou, my Disprins, KitKats, Mentos, Toffies, Gout pille, my lappies, .......ALLES.
Moerse gatvol gewees.
Ek was SO lus vir daai Mentos sweeties.
 
Ja nee... Blou mentos doen dit ook nie vir my nie. Gooi nou jou WA fotos.
 
Vrydag oggend vroeg vroeg opgestaan, en pad gevat .
Was nogal chilly, moet se.
 
Attachments

  • 20240412_063525.jpg
    20240412_063525.jpg
    3.7 MB · Views: 0
Lekker gery en gery, actually gemik vir Marquard, maar op n stadium n "Maseru" bordjie gesien.
En gesien Marquard het OF moeruit gegroei in 2 weke se tyd, OF ek het Marquard misgery.
Was toe laasgenoemde, ek is verby Clocolan se gatkant verby, HEEL van koers af.
Maar nietemin n stunning pad.
Hiers ek by Moertoeverdwaalfontein, en ook by Nogsteedsverdwaalfontein.
Mooi plekke.
 
Attachments

  • 20240412_085026.jpg
    20240412_085026.jpg
    4.9 MB · Views: 0
  • 20240412_174001.jpg
    20240412_174001.jpg
    4 MB · Views: 0
Lekker gery en gery, actually gemik vir Marquard, maar op n stadium n "Maseru" bordjie gesien.
En gesien Marquard het OF moeruit gegroei in 2 weke se tyd, OF ek het Marquard misgery.
Was toe laasgenoemde, ek is verby Clocolan se gatkant verby, HEEL van koers af.
Maar nietemin n stunning pad.
Hiers ek by Moertoeverdwaalfontein, en ook by Nogsteedsverdwaalfontein.
Mooi plekke.
Hoe het Bettie geloop ?
 
En ja
Nog so paar linkse in plaas van regse gevat, en vice versa.
Eventually darem Bloemfontein raak gery.
Daar gou my pel gekry vir n smoke en n dop.
Ja en hyt vir my n Jagermeister ook gekoop om so bietjie rigting te kry.
Nie gehelp nie.
GLAD nie.
 
Attachments

  • 20240412_150130.jpg
    20240412_150130.jpg
    3.1 MB · Views: 0
Van Bloem af is ek toe op teer Jagerfontein toe om tyd te spaar.
En,soos altyd, weet ek BAAIE beter as almal, en moer op n stuk grondpad VERBY Jagersfontein.
Die S553, of 533 (Rob kan jy onthou?)
Die pad was actually toe n BAIE NICE PAD.
In Daglig.
Son het gesak, het maar keel geword, en ek het myself beginne voorberei om te verkluim, eensaam en alleen onder n doringboompie, met net my Bettie, my Mentos en n pakkie Camels as geselskap.
Ok ok nie rerig nie.
Maar ja, was so half in my moer....die GPS se buttons wou nie button nie, en die selfoon se sein was af.
Darem tyd gehad om vir Betta te kiek, so met die son wat sak
Ook toe eventually die plaas gekry, nogal n refreshing experience om by daai campsite te probeer uitkom innie donker.
Gelukkig het Leandra (?) My kom kry met die Cruiser, en my tot daar gevat.
Thanks Dame.
Daar aangekom, baie verlig om almal te sien, en amper daai koue Stout heel ingesluk.
En HEERLIK gebraai en gekuier.
Was so lekker ek het sommer beginne skottelgoed was
 
Attachments

  • 20240412_180614.jpg
    20240412_180614.jpg
    2.8 MB · Views: 0
Die sterre van die naweek was eintlik on gasheer Joop, sy vrou Valerie en Lianie hul dogter... hulle het Tony afgevoer na die plaashuis waar hy behandeling gekry het. Gawe mense, ons sien hulle beslis weer.
 
Saterdag uit die vere, en besluit om Rob en Warrick te join Oania toe en terug.
Hulle maak GAT SKOON, en ek probeer ook maar soort van by hou.
NET omdat ek bang is ek verdwaal dalk weer.
Maar, die manne wag geduldig, gedienstig en gedwee, ja net CJ se Osse, vir die rigting befokte Vrystater in sy kortbroek.
BAIE dankie julle 2, ek dink dit was moer frustrerend, maar ek waardeer.
Orania was nice.
Vreemd maar nice.
Lekker brannas daar oppie rivier gedrink en die goose uitgecheck daar oppie stoep, maar niemand kon sien ek kyk nie.
En weer Indy 500 terug plaas toe....die 2 mense KAN ry, en bliksem hulle ry vinnig.
Alles raak so blur as jy bo 60 kom....jys so half in n time warp bubble.
Maar lekker.
Weereens HEERLIK die aand gekuier, kyk fotos bo.
Ek wil net noem dat ek op n baie kort stoeltjie gesit het, dis hoekom ek dalk korterig lyk.
 
Attachments

  • 20240413_133018.jpg
    20240413_133018.jpg
    4.3 MB · Views: 0
  • 20240414_094957.jpg
    20240414_094957.jpg
    3.4 MB · Views: 0
  • 20240413_133303.jpg
    20240413_133303.jpg
    4.4 MB · Views: 0
Saterdag uit die vere, en besluit om Rob en Warrick te join Oania toe en terug.
Hulle maak GAT SKOON, en ek probeer ook maar soort van by hou.
NET omdat ek bang is ek verdwaal dalk weer.
Maar, die manne wag geduldig, gedienstig en gedwee, ja net CJ se Osse, vir die rigting befokte Vrystater in sy kortbroek.
BAIE dankie julle 2, ek dink dit was moer frustrerend, maar ek waardeer.
Orania was nice.
Vreemd maar nice.
Lekker brannas daar oppie rivier gedrink en die goose uitgecheck daar oppie stoep, maar niemand kon sien ek kyk nie.
En weer Indy 500 terug plaas toe....die 2 mense KAN ry, en bliksem hulle ry vinnig.
Alles raak so blur as jy bo 60 kom....jys so half in n time warp bubble.
Maar lekker.
Weereens HEERLIK die aand gekuier, kyk fotos bo.
Ek wil net noem dat ek op n baie kort stoeltjie gesit het, dis hoekom ek dalk korterig lyk.
Mens ry die spoed wat vir jou gemaklik is... maar jy het ook jou goggles vergeet in kamp... ek sou ook stadig gery het met so open face met geen goggles. ;-)
Dankie vir jou fotos en weergawe van 'n baie lekker naweek.
 
En ja
Sjoe eks nou uitasem getik, my vallas beginne al uitval
Terug Sondag, weer daai S533/553 gevat, Jagersfontein toe.
BAIE mooi pad in die daglig.
Lekker gereen ook.
Het toe wragtag weer Bleomfontein raak gery, gou my Kapenaar Dogter gaan hallo se, was daar by n Troue van n Pel.
Was SO lekker om haar weer te sien
 
Attachments

  • 20240414_104851.jpg
    20240414_104851.jpg
    4.1 MB · Views: 0
  • 20240414_094957.jpg
    20240414_094957.jpg
    3.4 MB · Views: 0
  • IMG-20240414-WA0007.jpg
    IMG-20240414-WA0007.jpg
    209.3 KB · Views: 0
Mens ry die spoed wat vir jou gemaklik is... maar jy het ook jou goggles vergeet in kamp... ek sou ook stadig gery het met so open face met geen goggles. ;-)
Dankie vir jou fotos en weergawe van 'n baie lekker naweek.
Rob ek het meer as net goggles nodig om by julle te bly....😁😁😂
Maar thanks anyway🤣
 
En ja
Sjoe eks nou uitasem getik, my vallas beginne al uitval
Terug Sondag, weer daai S533/553 gevat, Jagersfontein toe.
BAIE mooi pad in die daglig.
Lekker gereen ook.
Het toe wragtag weer Bleomfontein raak gery, gou my Kapenaar Dogter gaan hallo se, was daar by n Troue van n Pel.
Was SO lekker om haar weer te sien
Ons het die reen gekry do halfpad tussen Jagersfontein en Bloem... toe raak dit vir jou koud!
 
Top