Na al die jare leer ek nog iets van vroulief

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
4,218
Reaction score
1,395
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Op 2 Desember was my 35 ste huweliksherdenking.

So ry ons PE toe vir n paar dae, en ons het n fantastiese tyd.

Vandag moet ons terug van PE af. Vroulief stress voor die tyd want dis vêr. Ek belowe ons boek haar in n B&B in as dit nie anders kan nie.

Maar daar leer ek sowaar nog iets van haar na al die jare saam.

Sy is absoluut mal oor motorfietsry!!

Ek weet want elke keer as ek stop om bene te rek se sy net “Kan ons nou ry asseblief!”
 
Top