Lekker Jmol, bly om te sien julle het die trip geniet.
Net vir interesantheid, die eienaars van Khoso lodge waar julle gebly het (naby Underburg) het ook 'n lodge (Thamathu Lodge) naby Sehelabathebe nationale park. Dit is so 10km verder noord van waar julle gebly het .
Die Driekloof dam is die suidelike gedeelte van die Sterkfontein dam en die twee word geskei deur 'n sement wal.
Die Driekloof gedeelte word gebruik om hidro elektriese krag op te wek wanneer water van die Driekloofdam na die Kilburn dam vloei. Dit word gedoen gedurende die tydperk wanneer daar 'n hoe aanvraag vir elekrisiteit is. Die water word dan weer gedurende lae aanvraag terug gepomp na die Driekloof dam. Dit is dan ook die rede hoekom die Driekloof dam se water modder bruin is in vergelyking met die skoon blou water van die Sterkfontein dam
Baie interesante inligting hier: https://www.triposo.com/poi/T__802161e455be
https://commons.wikimedia.org/wiki/File

rakensberg_Pumped_Storage.svg