goingnowhereslowly
Pack Dog
Kyk. Dit gaan alles oor perspektief. Ry daar die Cederberg in en jy kyk jou oë uit jou kop na die berge. Na so ruk raak jy dit gewoond. Dan kap jy oor die R355 na Calvinia en verder met die agterpad se vlaktes waar jy vir ure verstom na die platgheid staar tot jy skoon verbouereerde en benoud raak. En, magtag, dan net voor jy mal word arriveer jy tussen die klippe so stukkie voor en om Springbok, en dan van voor af dink jy "genade! " , van wanneer af kan klip koppies soos mooi wees! asof jy nog nooit so iets gesien het nie! [emoji23]Noneking said:About time.....
Hoekom lyk dit so plat daar by julle?[emoji15]
Perspektief! Dit werk beide kante toe!