OK Colyn, nou is jy in vir 'n ding...... GS ruiters is in hulle eie klas. Wat jy nou sal moet doen is om daai bars bietjie vorentoe te stel, anders voel hy darem baie soos 'n LT. Bar raisers is nog 'n beter plan, dan sal jy lekker kan staan. Die volgende stap is om op eerstenaam terme te kom met Jan du Toit, al die regte GS ouens ken hom..... Amersfoort is nie ver van julle af nie, en ek verstaan die GS challenge is ook in daai wyk waar jy bly die jaar. Al wat dan oorbly is om die Touratech boek uit jou kop te leer, en intelligent daaroor kan redekawel om 'n vuur. ;D
Dis lekker fietsies die soort wat stofpaaie vat, hoop om jou eendag langs die pad raak te loop / ry. Geniet hom!
ns. Daar is 'n paar lekker plekke in Lesotho om mooi foto's te neem, se wanneer dan gaan wys ek jou.