Countrytrax weekend course at Witsand, Khalahari ( lots of photos )

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Losper - thanks vir die foties! Daai HP2 lyk darem duidelik  :biggrin:

Ek kan ook net beaam wat Losper se - die kursus is hoogs aan te beveel! Ek het dit moerse geniet en baie geleer!

Thanks Stefan/Bees  :thumleft:
 
Nice one Lospers , thanks for posting  ,and GREAT pics too  :thumleft:
 
Lyk of julle baie geleer het, Losper!  :thumleft:

Hoe was die HP2?  Vertel bietjie meer oor wat julle geleer het, asb...
 
alexTH3man said:
looks like you guys had an awesome time.  and that KTM SE looks blinged to the max :drif:, even rim tape...
Ja looks nogal gay né.....  That bike's main purpose is to stand in a glass box on the bar counter.  But when one of the guys bike encountered some problems, we re-shuffled and one of the participants took our 1200GS which left me with no option but to ride the spare bike.  Hard work, but someone had to do it.....  8)
 
We really had a great time at Witsand.  First time we present the course there, and it worked really well.  Amazing group of riders too, it was a pleasure working with all the boys.  Feedback from one of them:

"Nou ja baie keer dink ‘n mens jy vaar nogal nie te sleg op die scooter nie.  Dis so lekker om om die draaie te le^ en vet te gee.  Dis so lekker om op jou boude te sit en te ry, maar weet ons werklikwaar wat onder ons aan die gang is?  Weet ons wat die moonltikhede is van die masjien waarop jy sit.
Wel die naweek op Witsand was een van daardie WOW geleenthede.  Ek dog ek kon ry, maar nou ja na ‘n paar keer wat ek soos superman deur die lug getrek het daar nogal ‘n paar goed in my kop gebeur.  Ek dink die een is dat spoed beteken niks.    Na die naweek kan ek die motorfiets baie beter teen stadige spoed hanteer.  En die wonderlike is dat ek dit ook nou beter kan doen teen vinnige spoed. 
Die heel naweek is die goal posts geskuif.  Sodra ons dink ons het geariveer dan word daar ‘n moeiliker ding aan jou voorgehou.  Die wonderlike is dat ons selfvertroue die heeltyd gebou is.  Die klein oorwinning van oor ‘n gat ry gee jou selfvertrou vir die paal wat dwars oor die pad le^.  Die paal gee jou weer moed om die sand aan te vat.  Die lekker is die opstaan en weer probeer nadat die vliegles nie deel van die offening was nie. 
Ons mans is nou maar eenmaal ‘n bietjie trots en die ego speel maar ‘n rol.  Gelukkig le^ die ego in die klaskamer en op die motorfietse is daar altyd rymaats om te help optel aan die verlies aan talent.  Die spangees was seker die lekkerste deel van die naweek en die Stefan en Bees se geduld om almal gemaklik te kry met elke nuwe offening was ‘n inspirasie.  Dankie Stefan en Bees vir ‘n great naweek.  Ek is hopelike meer veilig boop die scooter en sal ‘n ongeluk situasie beter  kan hanteer."


That is what makes it worth our while....  Our favourite threat:  "We'll be back...."
 
Oefen julle 'n haka of rehearse julle 'n 8-way skydive?

 

Attachments

  • 8-way.JPG
    8-way.JPG
    90.8 KB
doubleoseven said:
Losper - thanks vir die foties! Daai HP2 lyk darem duidelik   :biggrin:

Ek kan ook net beaam wat Losper se - die kursus is hoogs aan te beveel! Ek het dit moerse geniet en baie geleer!

Thanks Stefan/Bees  :thumleft:
Great P, dankie dat julle al die pad van die Kaap af gekom het....  Sien julle spoedig weer langs die pad.  :thumleft: 
 
Jacko said:
Oefen julle 'n haka of rehearse julle 'n 8-way skydive?

Dis 'n uiters belangrike oefening....  Maak mens vinniger.....  :mwink:
 
Losper said:
The course was held at Witsand nature reserve ( about 60km's south east of Upington ) from 28-30st May.
I have done this course before at Moolmanshoek in the Freestate but the terrein at Witsand promised a lot of sand and I thought since riding in sand is always a challange it would be a good idea to go an do the course there.

We were 9 students and the course was instructed by Stefan and Bees Boshof. I am not gonna do a write up since the photos will tell the story.
At the end of the day we had a fantastic time and gained a lot of new skills and experience. I can honestly recomend these courses to everybody, enjoy the pictures.

Thanks for all the effort with the pics P, must have taken you a while to sort out amongst the 1000's you guys took...  Dankie dat julle daar was! :thumleft:
 
Another bit of nice feedback...

"Noudat ek weer die fotos so deurkyk besef ek weereens net hoe uiters goed julle die kursus aangebied het.

Ek het baie van julle relaxed styl gehou en veral die feit dat julle dit reggekry het om dit so aan te bied dat dit meer gevoel het of julle een van ons was as wat julle eintlik `n instrukteur is.

Die naweek het my geinspireer om werklik 'n beter motorfietsryer te wil word, maar ook dan om nederig te bly wanneer dit dan nou eendag lyk of mens kan begin bike ry (i.e. soos julle...).

Sterkte met die Country Trax venture. Ek gaan defnitief die advanced kursus kom doen (sal seker dit eers in volgende jaar kan inpas), maar sal dit graag wil doen as jy ook daar is vir ooglopende redes en ook natuurlik vir kontinuiteit.

Hou ons op hoogte van julle Doodsakker ekspedisie - ek volg dit met groot afwagting."


Thanks brother, really appreciated.
 
Lyk my julle het die sand gery dat dit brul! :mwink:
 
doubleoseven said:
chrisL said:
Lyk my julle het die sand gery dat dit brul! :mwink:

ou grapgat    :p
Ek grap nie!
Daar naby waar julle was is n plek waar die sand brul of kreun as n mens daarop loop.
Glo te doen met lug wat vassit tussen die sandpartikels.
Vandaar dat die mense dit brulsand noem.
 
Dit lyk wraggies of die GS se "Airbag gepop het" !" (die windscreen)
Aquatic said:
10/10 - A competition winning dive!!!!

You have to enter that in the monthly picture competition!!
 
chrisL said:
doubleoseven said:
chrisL said:
Lyk my julle het die sand gery dat dit brul! :mwink:

ou grapgat    :p
Ek grap nie!
Daar naby waar julle was is n plek waar die sand brul of kreun as n mens daarop loop.
Glo te doen met lug wat vassit tussen die sandpartikels.
Vandaar dat die mense dit brulsand noem.


Dis presies hoekom ek vir jou gese het ou gragat  :biggrin:

Blykbaar is al die sandpartikels presies ewe rond, en dit dra dan by tot die brullende geluid.
 
Dewie, jou kop sal teen die muur pryk, so langs n Gemsbok s'n.
Losper, baie mooi foto's, is dit n vry-val inoefening daai?
 
Top