EC Bash mal perd opgesaal

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
13,378
Reaction score
2,366
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Nou ja hier begin ons werk aan die trippie.
Was nou al lankal lus om bietjie Oos Kaap te gaan ry, maar soos dit nou maar eenmaal is met my, wil ek ALTYD bietjie meer sien en doen.  Aan die een kan is dit goed en aan die ander kant is dit partykeer bietjie sleg want jy kan nie ALLES altyd doen en sien wat jy wil nie.

Eerste beplanning was om die ander kinders in Springbok te gaan haal.  Bietjie daar rondry see se kant toe en dan saam met hulle deurskiet Baviaans toe.   Maar ongelukkig is dit nie vir hulle moontlik nie en dus is die tweede opsie wat ons gaan doen.

Donderdag 9 Mei 2013 gaan ek en my seun Francois die S10's opsaal en laat waai rigting Port Elizabeth.
Mammie werk nog die dag en kry die middag laat 'n vlug na PE.
Ons tel haar by die lughawe op die aand.

Vrydag oggend val ons by Jupiter in en ek hoor brekkie is in Patensie
Daarna Bash toe.

Sondag oggend wil ons vroegerig vertrek en die paaie wat Jupiter ons gaan van vertel ry tot in George.
Mammie se vlug is geboek vir 17h45, dus het ons die hele dag om daar te kom.

Daai Sondag aand gaan ek en Francois iewers soek om te slaap in George

Maandag oggend via die ou pas na Oudshoorn.
Aangesien hy nog 'n klein tjokkertjie was en nie veel kan onthou nie gaan ek hom gou Kango Grotte toe neem

Daarna skiet ons deur en slaap die aand by die Dwarsbar.

Nou tot hier is die roete redelik uitgewerk, maar van hier ken ek niks.  Het al gehoor van Tankwa en wil graag daar deur tot by Springbok.

Dus die manne wat ken en kan,  werk asseblief 'n lekker roete uit van Dinsdag oggend as ons die Dwarsbar verlaat tot Vrydag so middagete se tyd in Springbok.

Wil nie TE ROWWE paaie ry nie..... ons ry nie PLASTICS nie.  :imaposer:

Ook idees en kontak details waar ons kan slaap.  Sal tente he, maar as daar 'n gemaklike bed vir so R200 / R300 is dan vat ek hom en bederf die ou lyf... :ricky: :ricky:
 
Top