Een van die dae, een van julle...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

H2O

Race Dog
Joined
Nov 19, 2012
Messages
555
Reaction score
42
Location
Cape Town
Bike
AJS (all models)
Hello almal,

Double thumbs up vir Icemann, ek het gaan kyk na 'n Dakar wat hy op gumtree gesit het (die ou wat net voor my daar gekom het, het hom gevat  :() , en hy't die site aanbeveel.

Jislaaik man, ek is al vrekgesukkel op my eie om goeie leads te kry vir off-road fietse & het maar bly karring op gumtree.  Al my pelle het padfietse, so niemand kon veel hond haaraf maak van waarna om te kyk nie - lyk my die goeie fietse word almal geswing op Wilddogs  ;D

Ek't so stuk of 8 jaar terug op my eie geleer ry op 'n 125 Yammie & 200 dikwiel Suzuki, so het baie slegte gewoontes gehad om af te leer, 'n GROOT DANKIE vir almal van julle wat rider tips deel op thinkbike & hierdie forum.  Die wyse gryses reken "There's no substitute for experience" maar daar's wragtig also "No need to re-invent the wheel"

Ek bly & werk in die Kaap & commute elke dag so 50km met 'n Twister, maar my hart is op 'n 650 Dakar - daai stuk grondpad tussen Sutherland & Ceres roep darem verskriklik hard... om nie eers te praat van die Sederberg se agterpaaie nie, yum!   

Watch my mense, een van die dae, een van die dae... is ek een van julle!  8)

cheers vir eers!
 
Top