Friday 25 March overnight from Pta and back late Saturday

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

africana

Race Dog
Joined
Jan 20, 2013
Messages
555
Reaction score
15
Location
Pretoria
Bike
KTM 990 Adventure
Ma is weg tot Sat middag op 'n besoek aan dokters  die Kaap en ek wil die aand iewers gaan oorslaap, Sat grond ry om Saterdag middag terug te wees. Miskien Son terug.....
Voorstelle van waar? Sal so om en by 13h00 Vrydag ry en wil nie heeldag op die pad wees nie. Dullstroom rigting al so uit gery behalwe as ek Clivia pas kan ry! Magoebaskloof te ver - amper 3 ure se ry net om daar te kom. Enige voorstelle van julle kant af? Ek het 'n voorstel of 2 maar nie seker van die toetes nie.
Klompie jaar terug was daar 'n Lowveld Adventure Riding naweek waar ons by Bambi geslaap het en die berge tussen Dullstroom en Lydenburg gery het. Nie seker of ek die pad sal kry nie maar as iemand kan help met so 'n roete sal ek waardeer. Was omtrent so 4-5 km buite Dullstroom rigting Leydenburg draai links en eers ry voor plase verby en dan 'n agterpad tot hoog in die berge en weer terug teerpad toe.
Nog 'n alternatief wat ek jare gelede gery het, was van Loskop damwal rigting Dullstroom. Ek het nie GPS gehad nie eon teerpad op pad na die wal net by die winkels en voor die opdraande begin draai by teerpad links en ek dink te vroeg afgedraai maar 'n moer mooi pad tussen wildsplase gekry wat heen en weer oor 'n groterige rivier gery. Een crossing was so diep my KLR het so doep-doep-doep onder die water gemaak. Was alleen en het maar deur gedruk en seker na twee ure of meer tussen Rooikraal en Rossenekal uitgekom. Sal daar ook langs die rivier slaap as gediertes my nie weg dra nie.
Sal ook in die bos/veld loop slaap as om nog geld te betaal vir gastehuis. Spaar daardie geld vir petrol!  :mad:
Iemand wat wil saam ry?
 
Top