Hello daar!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

myni

Pack Dog
Joined
May 4, 2009
Messages
384
Reaction score
0
Location
Randburg
Bike
BMW F800GS
Ek moet bieg ... ek is al 'n paar maande op die forum, maar het net nog nooit die moeite gedoen om myself voor te stel nie.  Vandag sien ek dat daar soveel nuwelinge is dat ek ook maar gedink het om "hello" te sê!

Anyways, ek ry nou maar net vir twee jaar (weet nie hoekom dit so lank gevat het nie ... midlife crisis?).  Ek het begin op 'n Vespa LX150 - onder die voorwentsel om die verkeer in Sandton die hoof te bied.  Dit het egter gou verander na mate ek dit begin geniet het en meer spoed en krag wou he ... en natuurlik kon 'n vriend van my nie ophou om my te vra om saam op die langpad te gaan ry nie.

Dus ... na vele onderhandelinge met die "regering" was die eerste fiets 'n tweedehandse (derdehandse?) TransAlp XL650V.  Ek het dit vreeslik geniet en sy het baie lekker op die grond gery.

Maar na 'n paar maande jeuk ek toe weer ... en met intense onderhandelinge met die "regering" trade ek toe die TA in op 'n BMW F800GS.  Nog meer krag en spoed ... ek kon ek nie net by my 1200 vriende by hou nie, maar die stof uit hulle uit ry van die teer af!

Darem al so 'n paar trippies gedoen:  Lesotho (Katsedam); Molopo (Noordwes), Ellisras en Waterberge; en Lundean's Nek / Rhodes / Naudes Nek / Pitseng.

Elkgeval - ek geniet die forum baie en het al baie goeie raad gekry en goeie mense ontmoet.  Hou maar my mening vir myself aangesien ek maar nog baie onervare is (ek hoop om volgende jaar by Jan du Toit te gaan draai).  Die fotos en ride reports is awesome en baie inspireerend.
 

Latest posts

Top