Kaalgat oor die Drakensberg.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fearless

Pack Dog
Joined
Apr 9, 2012
Messages
498
Reaction score
0
Location
Ladysmith
Bike
Kawasaki KLR 650
So 'n draaitjie gaan ry vandag. Ladysmith - Sandrivier Vallei - bo-op Van Reenen. Wil net eers tablet laai.
 
Bondig en tot die punt  :)
 
Jou familie het miskien kaalgat oor die Drakensberge gekom, defenitief nie myne nie.
 
Kom ons probeer weer. Sondag kerk geskip en toe deur Sandriviervallei tot in Van Reenen gery. Vandaar die pad tot naby De Beerspas. Die pas is vernoem na 'n ene De Beer ( wag nou en moet nie die storie vooruitloop nie).............. Op wie se plaas Rachel De Beer (nie familie van mekaar) en haar familie gebly het. Dit was ook in die omgewing waar sy haar lewe vir haar broer opgeoffer het. Ons het dit al ervaar in die 20 jaar wat ons hier bly dat die weer binne 'n bestek van 'n uur uiters gevaarlik kan word. Tandjiesberg. Dit is aan die agterkant van Platberg wat jy sien as jy Harrismith verby ry.
 

Attachments

  • 25112012181-001.jpg
    25112012181-001.jpg
    247.9 KB
Oppad na Collingspas en toe was daar perre. ( Jammer my keyboard doen nie kappies op die e nie )
 

Attachments

  • 25112012182-001.jpg
    25112012182-001.jpg
    265.6 KB
En skape!! Omtrent nie 'n boom in sig nie.
 

Attachments

  • 25112012184-001.jpg
    25112012184-001.jpg
    306.5 KB
Nog aan die Vrystaat kant van Collinspas. Van die mees fotogeniese sandsteenkoppies.
 

Attachments

  • 25112012183-001.jpg
    25112012183-001.jpg
    229.6 KB
Natal is nie net 'n plek vir ywerige politici nie. As jy lank genoeg staar sien jy die see........of nie. Mooi n`e. ( Verdomde keyboard kan ook nie 'n ` bo-op 'n e sit nie. )
 

Attachments

  • 25112012185-001.jpg
    25112012185-001.jpg
    231.7 KB
Toe was daar perre op die pas.
 

Attachments

  • 25112012186-001.jpg
    25112012186-001.jpg
    464.4 KB
Ek en Crazy Biker Chick is toe verby Normandien en Mullerspas tot in Newcastle. Gaan daai passe binne die volgende week of twee nog bykom. As daar enige honne is wat wil saam, laat weet my en ek reel iets. Sommer net nog 'n foto om te wys ons het meer as net verbysterde kiesers.
 

Attachments

  • 03102012165-001.jpg
    03102012165-001.jpg
    368.8 KB
Ek en Englander was verlede naweek daar in die omgewing gewees. Ons het Mike's Pass, Olivierspas, Retiefspas, Collinspas en Normandien gery.

Doen jouself 'n guns. As jy bo op Normadien kom van KZN se kant af kan jy op 'n staduim afdraai op Mullerspas. Mis die afdraai, na so ent maak die pad ' n T of Y aansluiting, draai regs af (links gaan Harrismith toe) rigting Roodebank. Die Roodebank pad kom later by Memel uit en dit is 'n "awesome ride".

Daar is nog 'n paar paaie daar rond wat ek wil gaan verken - onafgehandelde sake
 
Top