'n Draai in die Klein Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
257
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
'n Vinnige trippie is goed vir jou siel, veral as jy min (of geen) tyd aan beplanning gespandeer het nie.

Skoonseun was met sy motorfiets in die Kaap vir besigheid en hy moes terug na PE.
Ons het besluit ons maak 'n toer van die terugry - ons toer saam tot halfpad, slaap oor, dan gaan hy verder en ek ry met 'n ander pad terug.

Eerste skof was van Somerset Wes af na Swellendam
01 SomersetWes na Riviersonderend 120km.JPG


Hierdie stop is bo-op Viljoenspas (tussen Grabouw en Villiersdorp)
Daar vêr is die Theewaterskloof dam, mooi vol water.
20231117_090458 Viljoenspas.jpg


Kort duskant die dam het ons na die Van der Stel pas afgedraai
Die pas het duidelik baie skade gehad met die groot storm.
Die pad is baie mooi herstel. Oral in die vallei sien mens nog vloedskade.
20231117_093032 Van der Stel pas.jpg


Koffie in Greyton
20231117_110100 DSCN3440.JPG


Verder grondpad na Riviersonderend en vandaar N2 teerpad via Swellendam, Zuurbraak, deur die mooi Tradouw pas na Barrydale.
20231117_130700 DSCN3456.JPG
20231117_130700 DSCN3457.JPG
20231117_130700 DSCN3458.jpg


15km uit Barrydale is die afdraai na Brandrivier
20231117_130700 DSCN3456 Swellendam na Riversdal 140km.JPG

Daar is 'n baie lekker tweespoor detour deur die Brandrivier plaas.
20231117_145700 Brandrivier detour DSCN3466.JPG

Ons het hom gery, maar ongelukkig is daar nou halfpad deur 'n hek met 'n slot :cautious:
20231117_145400 Brandrivier detour DSCN3464.JPG


Omgedraai en verder gery na Kanetberg en Gysmanshoekpas se afdraai.
20231117_151700 Gysmanshoek indraai DSCN3473.JPG


Aanvanklik is dit 'n mooi wye grondpad, ná 'n kilometer of so raak dit tweespoor en begin dit geleidelik klim
20231117_152309.jpg

Daarna al hoe steiler en besaai met kleinerige klip.
20231117_152544 Gysmanshoek opgaan klippies Check op of af.jpg


Hierdie stuk is steiler as wat dit op die foto lyk.
Die padoppervlak met die los klip laat my baie dink aan die klipperige steilte by Anns Villa in die Zuurbergpas.
Heel okey om te ry, maar die klippe hou jou wakker!
En die steilte maak dat die agterwiel al die pad skop dat die klippe spat.
Die merke op die band wys dit.
20231117_152601 Agterband merke.jpg


Amper bo kyk mens ver en wyd na die noord-ooste
20231117_152700 Gysmans uitsig Noordwaarts 153119.jpg


Die pad verder boontoe is redelik steil maar heel maklik.
20231117_152844 Gysmanshoek opgaan.jpg


Anderkant die kruin is 'n vista noord-weswaarts af in die vallei.
20231117_153336 Gysmanshoek pas uitkyk.jpg

Hierdie afdraend is baie steiler as wat dit lyk! Gelukkig minder los klippe.

Onder op die vlakte is nog 'n lang ent lekker tweespoor
Soms los klip.
20231117_154053.jpg


20231117_154208.jpg

Oral mooi bosse en selfs 'n klein splash
20231117_154405.jpg


Naby die einde is 'n klein pas langs 'n kleinerige maar mooi vallei
20231117_154600 DSCN3482.JPG

bosse met mooi blomme. Ongelukkig was die proteas nognie mooi in blom nie.
20231117_154800 DSCN3486.JPG

en 'n klein woud
20231117_155320.jpg


Anderkant uit
20231117_155838 Gysmanshoek pas uitgaan.jpg


Die laaste skof van die dag is grondpad verby groen velde, verby die Korentedam, deur Riversdal en teerpad reguit na Vleesbaai.
20231117_161700 DSCN3489.JPG


....vir 'n Bains en 'n lekker vleisie op die kole.
20231117_194255 Vleesbaai Weber kole.jpg


More ry ons verder (ek terug Kaaptoe, Geo na PE)

https://wilddog.net.za/threads/n-draai-in-die-klein-karoo-terug-kaaptoe.280789/#post-5125025
 

Attachments

  • 01 SomersetWes na Riviersonderend 120km.JPG
    01 SomersetWes na Riviersonderend 120km.JPG
    168.5 KB · Views: 0
Last edited:
Top