Dag 1: Windhoek na Usakos: 180km en Usakos na Spitzkoppe: 70km
Die eerste werklike dag van hierdie avontuur het weggespring op Vrydag, 12 April. :biggrin:
Ontbyt was vroegoggend by die Safari Hotel.
Die motorfietse word tot by Usakos gesleep, waar ons rigting Spitzkoppe invaar, die eerste 25km op teer op die B2, dan regs op die D1930, na Spitzkoppe.
Ons ry in ń Quantum tot by Usakos.
Net om die vorige dag, en Bertie se dilemma af te sluit. :
Kobus was so gaaf om Bertie op ń inkopietog te neem om die verlore ry items te vervang. :biggrin:
Rystewels, waterblaas en "niergordel" is aangeskaf. :thumleft:
Gordon het beide 'n rybaadjie en lyfpantser saamgebring, geen wonder sy sak was dubbel die toegelate grote nie! >
Ongelooflik, maar die baadjie, was behalwe Bertie se grootte, ook dieselfde vervaardiger! Dankie Gordon! :biggrin:
Bertie is nou gestewel en gespoor vir Kaokoland. :biggrin:
Die Namibië sekondêre paaie, wat grond ("gravel") is, word goed met padskrapers onderhou, wat 'n effense sand/gruis lagie agterlaat, wat jou fiets liggies laat dans, wat jy na dag 2 geniet! ;D