Kareedouw Afkuk 27 - 30 August 2020

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Odd Dog said:
Great report young lady, you have talent.  :thumleft:

Thank you, Brian. If only my talent with the motorbike equaled my talent with the pen :deal:


2StrokeDan said:
Daai blerrie Jan-Lukas kan gerus n slag by die huis bly.  O0

Ri, jy skryf sulke eerlike en onderhoudende ritverslae dat ek sterk vermoed jy verstaan nie die kern van n regte biker heeltemal nie.  Ons is altyd vinniger as wat ons was, veral soos ons ouer raak. :biggrin:

Ek het die een weer baie geniet, soos met almal van jou ritverslae, en weer lekker ge-chuckle oor jou se-goed.

Ons moet miskien gesels oor die fyner punte van versneller/koppelaar beheer een of ander tyd by Nitrobay. [ Nietvoorbij ] :thumleft:

Baie dankie Danie.

Ek kyk elke dag die TTR230 uit, ek wil so graag weer gaan ry, maar my broer leen op die oomblik my motor so ek kan dit nêrens heen sleep nie. Maar ek wil beslis weer met die ligter motorfiets gaan speel. Namibië roep; ek en John het moontlikhede begin bespreek.
 
Ek gaan hierdie een nog deeglik deurlees :deal:

My volgende trip waaraan ek skaaf is juis 'n side entry, gewone Baviaans en 'n Grootrivierpoort  :thumleft:

[member=12311]Dutchman81[/member] , checkit uit.  :deal:
 
Baie dankie!

Ek gaan juis môre in vir 'n klein operasietjie om die Side Entry skade reg te maak - 'n klein stukkie been in my voetbrug het afge"chip" toe die motorfiets op my haak geval, en ek dit uit gewring het. Ek is baie dankbaar dis net 'n stukkie been, en nie ligamente nie! Altyd gesê ek het rubber enkels, en lyk my dis die waarheid :biggrin:


Lem said:
Ek gaan hierdie een nog deeglik deurlees :deal:

My volgende trip waaraan ek skaaf is juis 'n side entry, gewone Baviaans en 'n Grootrivierpoort  :thumleft:

[member=12311]Dutchman81[/member] , checkit uit.  :deal:

Amazing roete, en groot pret as jy (anders as ek) KAN ry. Klink darem asof party van hierdie paaie onlangs bietjie opgevul is - daar is 'n thread oor Grootrivierpoort se toestand.


m0lt3n said:
eks laat....

maar lekker RR! Ek het dit nou geniet. Altyd lekker wereld daai om te ry

Ek begin al dink om hierdie weer te doen, nadat ek gedink het NOOIT weer nie...  :ricky:

DS is soos swangerskap, lyk dit my. Mens vergeet die pyn en onthou net hoe amazing dit was. Ek was so gestres die eerste keer, ek wil weer rustig gaan ry en mooier foto's neem. En kyk of dit regtig so erg was as wat dit op daardie tyd gevoel het :imaposer:

 
Baie baie dankie vir n amazing RR soos altyd Ri, ek is mal oor jou skryf styl en die lekker adventure te deel wat julle gehad het...
Yes Lem kom ons maak plan vas dan maak ons so, ek moet die een beleef...

Sent from my I3312 using Tapatalk

 
Top