Lesotho

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
woody1 said:
Toe ek en my seun laas deur Lesotho is was dit nog alles grondpad en van Sani Top af via Thaba Tseka na die dam toe was 'n hele dag se ry gewees.  Klink my dis nou alles highway.

Ek hoor die manne bou daai paaie teen n stewige tempo. Maar as ek reg onthou loop die grondpad naby Oxbow parallel met die teer. Ek glo dit sal die geval wees vir meeste van die paaie? So `n mens het darem opsies.

Ek sien die locals hou ook van die draaie jaag..daar was `n hele paar keer karre in ons baan gewees, so `n mens moet maar katvoet wees  :)
 
woody1 said:
Toe ek en my seun laas deur Lesotho is was dit nog alles grondpad en van Sani Top af via Thaba Tseka na die dam toe was 'n hele dag se ry gewees.  Klink my dis nou alles highway.
Woody1,  die gedeelte van Mokhotlong na Thaba Theka en Katse is nogsteeds gruis pad maar ek dink dit is net 'n kwessie van tyd voordat dit ook geteer is.
Gelukkig is daar nog 4 ander gruispad opsies tussen Mokhotlong en Katse
(Village chief,  Village chief north, Village chief north new en Kao-myn)
 
woody1 said:
Dan is al die mooi nog daar.  :thumleft:
Die mooiste gedeelte van Lesotho is in die suide van die land en ek dink nie dit sal gou geteer word nie want die verkeer in daardie area is baie baie stil tot non-existent.
Daar is ook 'n paar awesome paaie so 30km suid van Peka brug waarvan amper niemand weet nie.
 
Losper said:

Min days :)
 
Latest posts

Top