Naandse Groothonne

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Hinksding

Race Dog
Joined
Sep 12, 2010
Messages
3,002
Reaction score
227
Location
LOERIESFONTEIN
Bike
Honda XR125L
Hallo Manne

Ek boer in die stille Noordkaap noord van 'n piepklein dorpie Loeriesfontein, party van die Bmw Brakke sal die plekkie onthou vir 2008 se GS Challenge.  Hier is net 1 teerpad, die res is grond....oordosis sleg grondpaaie. 

Ek sien uit daarna om julle ouens die naweek te ontmoet by die Karoo Bash.  Sou graag ook wou spog met 'n fancy ride, maar kon nog nie my mind opmaak oor die size BMW wat ek soek nie.  Gelukkig sal daai probleem na die naweek uitgesort wees.  Ek geniet die forum en het al goeie gesprekke gehad en lekker gelag!  Julle manne se humor werk vir my.

Groetnis
Stoetram
 
Top