Wolvekraal wegbreek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,890
Reaction score
965
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Ek het al baie gewonder oor die verskeie pleknaamverwysings in Suid-Afrika na wolwe, aangesien hier nooit wolwe in die natuur voorgekom het nie. Moontlik was dit om te verwys na jakkalse of wilde honde of enige ander hond-agtige pes waarmee die oumense te doen gekry het. Maar dit nou daar gelaat, ek het 'n paar dae verlof geneem en wou weer 'n alleenrit iewers heen neem. Kop skoonmaak, sielerus, eie ding doen, noem dit wat jy wil. Bestemming? Wolvekraal net buite Prince Albert. In 2021 het ek so tipe rit gedoen na die Sederberge en ek koester vandag nog die herinneringe.

Maandagoggend, laaste dag van September 2024. Dis 'n mooi oggend, maar die weerprofete voorspel koue, nat weer vir later. Nietemin, ek is vasberade. Vandag wil ek ry en ek gaan koop 'n paar stukkies proviant in die dorp voor ek die laaste rieme styftrek op die fiets se agtersitplek. Die getroue Enduristan sak sit stewig en reg vir enige reën, hoog en droog. Motorfietsklere se reënvoering word ingezip. Ek is reg.

Huisrivierpas. Wonder hoeveel keer ek hom al in my lewe gery het, maar altyd spesiaal. Volgens Graham Ross se briljante boek "The Romance of Cape Mountain Passes" was hierdie in die 1960's as 'n ingenieurs wonderwerk in eie reg bestempel weens die onvastige eienskappe van die terrein se gruis en klip, vandaar die vele beton keerwalle en opvullings.

20241003_123128.jpg


20241003_123139.jpg


20240930_092006.jpg
 
Die lang vlakte oppad na Oudtshoorn is minder opwindend as die Huisrivierpas se kronkeldraaie, maar ek sit maar 'n bietjie musiek aan in die helmet en haak die spoedbeheer vas op 'n matige 120km/h. Teen die Groot-Swartberge begin die wolke skouers skuur. Ek glip die volstruishoofstad deur. Pienk, pers en blou verestoffers word voor die CP Nel museum verkoop deur 'n netjiese gekleede groepie vroue, maar ek twyfel of hulle boorlinge van die kontrei is. Verder op het 'n McDonalds langs die KFC oopgemaak. Tye verander.

Ek ry die dorp uit. Gholfbaan. Begraafplaas. Plakkerskamp. Maak nie saak of jy jou by eersgenoemde of laasgenoemde bevind nie, jy eindig eendag iewers in die middel op sit en dink ek.

Op pad na De Rust draai ek in by Le Roux stasie. 'n Vervalle weergawe van wat sekerlik eens op 'n tyd in beter kondisie was. 'n Goeie vriend en werkskollega, Percy van Huyssteen, het my al vele verhale uit sy kinderdae vertel toe hulle hier opge-eindig het. Met die trein het hy dan ingery Oudtshoorn toe oppad skool toe, gereeld vergesel deur jong weermagtroepe wat in die opleidingsbasis was. Hy onthou nog die rye met die bruin balsakke teen die kant af, en daar iewers tussen in het sy skooltassie dan ook gestaan. Hy moet wel bieg dat die geweldige klomp duwweltjies op Le Roux stasie darem daartoe gelei het hy veel vroeër in sy lewe toe sy eerste paar skoene gekry het!

20240930_102059.jpg
 
Ek ry die dorp uit. Gholfbaan. Begraafplaas. Plakkerskamp. Maak nie saak of jy jou by eersgenoemde of laasgenoemde bevind nie, jy eindig eendag iewers in die middel op sit en dink ek.
Janee, dis ons almal se einde Jan. Geen aardse goeters gaan saam nie.

Vir interessantheid: is die Wolvekraal of Wolwekraal?
 
Ek het al baie gewonder oor die verskeie pleknaamverwysings in Suid-Afrika na wolwe, aangesien hier nooit wolwe in die natuur voorgekom het nie. Moontlik was dit om te verwys na jakkalse of wilde honde of enige ander hond-agtige pes waarmee die oumense te doen gekry het. Maar dit nou daar gelaat, ek het 'n paar dae verlof geneem en wou weer 'n alleenrit iewers heen neem. Kop skoonmaak, sielerus, eie ding doen, noem dit wat jy wil. Bestemming? Wolvekraal net buite Prince Albert. In 2021 het ek so tipe rit gedoen na die Sederberge en ek koester vandag nog die herinneringe.

Maandagoggend, laaste dag van September 2024. Dis 'n mooi oggend, maar die weerprofete voorspel koue, nat weer vir later. Nietemin, ek is vasberade. Vandag wil ek ry en ek gaan koop 'n paar stukkies proviant in die dorp voor ek die laaste rieme styftrek op die fiets se agtersitplek. Die getroue Enduristan sak sit stewig en reg vir enige reën, hoog en droog. Motorfietsklere se reënvoering word ingezip. Ek is reg.

Huisrivierpas. Wonder hoeveel keer ek hom al in my lewe gery het, maar altyd spesiaal. Volgens Graham Ross se briljante boek "The Romance of Cape Mountain Passes" was hierdie in die 1960's as 'n ingenieurs wonderwerk in eie reg bestempel weens die onvastige eienskappe van die terrein se gruis en klip, vandaar die vele beton keerwalle en opvullings.

View attachment 918161

View attachment 918162

View attachment 918159
Ek moet kyk of ek daai boek êrens in die hande kan kry.
 
"Maak nie saak of jy jou by eersgenoemde of laasgenoemde bevind nie, jy eindig eendag iewers in die middel op"

Sulke ware woorde

***Ek sien @Dorsland het ook oomblikke voor my dieselfde gedink***
 
De Rust. Ek trek af en drink 'n koffie voor ek die Klein-Karoo groet. Meiringspoort is met reg bekend, en die kranse gly verby terwyl ek ou Bloutoon se voorwiel saggies deur die draai druk. Ek stop by die bekende Herrie klip. 'n Deeltjie van Langenhoven se nalenskap in steen verewig. En toe, amper onverwags, die eerste reëndruppels.

20240930_110201.jpg


20240930_111039.jpg


20240930_111051.jpg


20240930_111215.jpg
 
Janee, dis ons almal se einde Jan. Geen aardse goeters gaan saam nie.

Vir interessantheid: is die Wolvekraal of Wolwekraal?
Dankie Dorsland, ja die spelling is vir my ook vreemd, maar dis inderdaad Wolvekraal. Moontlik 'n ou Hollandse weergawe?
 
Ek ry Klaarstroom deur met die idee van middagete by die hotel, maar op die oog af lyk dit toe en ek skuif aan. Die reënbuie kom en gaan maar pla nie te veel nie. Op die Kredouwpas stop ek vlugtig vir 'n foto van die mooie vallei.

20240930_114536.jpg


Kort voor lank bereik ek die dorpie Kweekvallei, of soos hy vir die laaste 180 jaar bekendstaan, Prince Albert. Netjiese strate begroet jou en ek stop by die Swartberg Hotel vir 'n lekker koppie koffie en iets vir die kies. Die diens is flink, die pryse billik en die kos heerlik.

20240930_122906.jpg


My verblyf vir die twee aande van my rit is by Wolvekraal, so paar kilometer buite die dorp op die Prins Albert Road-pad. Ek saal op en trek weg, en toe maak die hemele oop. Skuinskop leun ek in die wind. Darem net van korte duur, en toe ek indraai by die plaashek maak ek my helmet oop. Die reuk van daai vars, klam bossie-grond kom snuffel homself onder my neus in. Ek stop eers, helmet af. Haal diep asem. Dis lekker hier.

20240930_125648.jpg
 
Last edited:
Ek word vriendelik ontvang, gesels 'n paar woorde en ry die entjie weg tot by die huisie wat ek bepreek het. Alles is pynlik netjies en ek begin rustig afpak en myself tuis maak. Laatmiddag stap ek terug en gaan kry die braaipak wat ek vooraf bestel het. Heerlike Karoo-vleis, wors en 'n braaibroodjie. Ek steek vuur aan en baklei nie teen die dalende rustigheid nie.

20240930_170114.jpg


20240930_171829.jpg


Natuurlik kan mens in hierdie geweste nie kanse vat teen slangbyt, gure weersomstandighede of liggaamlike kwale nie en 'n glasflessie met 'n skerpdingetjie in bied welkome uitkoms.

20240930_175728-01.jpeg
 
Ek sou vreeslik graag wou sien waar daai twee lories oral in hul lewens geloop het en wat hulle vervoer het!!
 
"Die reuk van daai vars, klam bossie-grond kom snuffel homself onder my neus in. Ek stop eers, helmet af. Haal diep asem. Dis lekker hier."
en
"Ek steek vuur aan en baklei nie teen die dalende rustigheid nie"


Hierdie maak dat ek my amper kan verbeel ek is daar saam met jou

:)
 
Daai wat jy so wegstap en eers terugkyk na jou bike... Ai ek is erg oor die yster. Sit nooit 'n voet verkeerd nie en soos iemand eenkeer genoem het, "It's such an easy bike to ride". Inderdaad so en pas my rystyl perfek.

IMG_3852.jpg
 
Die volgende oggend is ek vroeg op en gaan stap 'n ent in die veld. Hier iewers is ook 'n kampplek wat ek sommer wil gaan kyk hoe dit lyk. In elk geval kan ek myself ure besig hou deur te loop en na klippe te kyk in die veld.

IMG_3873.JPG


IMG_3832.jpg


IMG_3841.JPG


IMG_3890.JPG


IMG_3863.JPG


IMG_3877.JPG


IMG_3835.JPG
 
Last edited:
Wolvefontein se kampplek. Lekker eenkant en alles netjies. Ek het klaar vir ChrisL geskimp vir 'n kamp eendag na vore hier...:D

20241001_083125.jpg


20241001_082353.jpg


20241001_081713.jpg
 
Top