Naweekpas in die Wes Kaap...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Garfield

Race Dog
Joined
Feb 17, 2014
Messages
3,012
Reaction score
642
Bike
Honda CRF 300L
Met skoonma wat kuier kry ek weer my gebruiklike naweekpas om vir 'n dag of so van die vrouens te ontsnap en my eie ding te gaan doen.

Gebruiklik sou sommer maar net soveel grondpaaie Cederberg toe wees, slaap oor by Oasis en dan weer terug huistoe, en dit werk goed maar dalk is dit nou bietjie tyd vir iets anders, maar gladnie seker waarheen nie.

Gaan Saterdag vroeg ry, wil Saterdag iewers kamp waar ek kan vleis braai, 'n paar koue biere drink, Sondag verkieslik met ander paaie terug.

Enigiets tussen 300km en 500km vir die dag is goed genoeg vir my, nie te veel gepla oor hoe ver nie.

Cederberg/Overberg/Tankwa is maar waarna ek op die oomblik kyk.

Enige voorstelle?
 
Top