Nog 'n speek vir die wiel

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Mar 24, 2013
Messages
2
Reaction score
0
Location
Reitz
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek het nie eers geweet van die Forum nie. Dankie Corne en Des
Ek't die naweek saam 2 KTM manne gery. In een dag meer grondpad gery as wat ek in die 2 jaar wat ek my B-mer het gesamentlik gery het. Wat 'n belewenis!!!!!! Ek wens ek kon die hele trip meemaak. Een ding is seker: Ek verstaan my fiets nou baie beter.
Vir die manne wat net teerpad ry met hul BMW's: Ek was ook so maar my siening het verander. Gaan maak jou fiets bietjie vuil, hy kan dit vat. Om hom vuil te maak beteken nie jy verniel hom nie. Ek verseker jou dis blerrie lekker.
B-mers kan ook grondpad ry.
 
Top