Okt Skoolvakansie Roadtrip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek en Stoffies gaan met die Okt skoolvakansie bietjie die binneland toer.  Ons beplan om van Naboom, Ladysmith (KZN), Rhodes, De Aar, Hartswater, Klerksdorp, Koppies en Brits oor te slaap voor ons weer huiswaarts keer.

Die eerste drie dae is lang afstande wat gery moet word, want ons wil graag Rhodes toe gaan, maar weet ons gaan nie baie tyd daar kan spandeer nie.  En ons wil paar lekker grondpaaie inwurg.

Het iemand onlangs die Nottinghamroad, Lower Loteni, Himeville pad gery.  Kan mens teen redelike spoed daar ry sodat ek nie te laat by Naudesnek, net voor Rhodes, en voor donker, by Rhodes kan aankom.  Ons ry weer alleen, en wil nie in die donker daar gaan sukkel nie.  En hoe lyk Naudesnek, as iemand dit onlangs gery het, sal ek bietjie info waardeer.

Is daar ander WD's wat dalk oor die naweek van 29 en 30 Sept in Himeville, Rhodes of Aliwal Noord se rigting ry?  Miskien kan ons saam 'n koue een geniet (of koffie, hang van die temperatuur af).


Laat weet, dan gesels ons saam.
 
Top