Ons het baie helde in ons geskiedenis, graag wil ek 'n stuk aanhaal wat ek in webwerf www.suidlanders.co.za opgetel het
Ek wil net beklemtoon at ek geen rassis is nie, noem my eeder 'n geskiedenisnavorser
ONS BRING HULDE
Posted on December 21, 2011 by Coenie
Kommandant Jopie Fourie
Daar trek ‘n koeël met spoed met spoed hy is nat van Afrikaner bloed daar waar hy tref heel sy wond nooit en dit wat hy tref, dit heilig hy…….
Gebore op 17 Augustus 1879
Sterfdatum op 20 Desember 1914
in ‘n agterplaas van die Sentrale gevangenis, Pretoria.
Nou moet ek sterwe, omdat ek getrou gebly het aan die dinge waaronder ek gebore is en waarvoor ek altyd geveg het. Aan my word geen genade betoon nie, hoewel ek toevalligerwyse die seun was wat onder die wit vlag uitgegaan het om die oorgawe van dr. Jameson te aanvaar, en nou is hy sir Starr Jameson, terwyl ek doodgeskiet moet word. Jopie Fourie – voor sy teregstelling in 1914
Die boompie wat vandag geplant en met my bloed benat word, sal groei en groot word, en heerlike vrugte vir ons volk dra. Jopie Fourie – voor sy teregstelling in 1914
Hierdie Boereheld wat kinderloos gesterf het voor ‘n vuurpeleton van genl Jan Smuts omdat hy gerebelleer het teen die Britse regering van Sy Majesteit, die koning van Engeland, verhoor onder die Union Jack.
Toe ‘n afvaardiging, waaronder predikante, vir Smuts by sy huis by Irene, gaan sien het om te pleit vir begenadiging, was hy nie “tuis” nie maar daar is gesien hoe hy by die agterdeur van sy huis uitglip en in die veld in verdwyn!
Gister was dit 97 jaar gelede. Boereharte treur nog van “duldelose smarte” oor al die onreg deur die eeue aan ons Boerevolk gedoen. Dikwels deur mense wat voorgee om van “ons mense” te wees.
Getrou tot die dood geoffer vir Volk en Vaderland. Jopie Fourie – Ons sal onthou!
Jopie Fourie deur ‘n vuurpeloton in 1914 gefusilleer. Josef Johannes (Jopie) Fourie is op 27 Augustus 1878 gebore in die Distrik Pretoria en sterf in 1914 voor ‘n vuurpeloton. Hy word deur baie as ‘n held gesien wat tot die einde gestaan het vir dit waarin hy glo.
Tydens die Jameson-inval het die sewentienjarige Jopie, saam met sy oom Japie, onder Kommandant Piet Roos gedien. Hulle was dan ook betrokke by die laaste harde skermutseling wat gelei het tot die opsteek van die wit vlag (na bewering ‘n voorskoot) deur dr. Jameson se manne. Jopie word toe deur Kommandant Roos versoek om ‘n brief op te stel en sommer ook belas om die brief aan die doktor te gaan oorhandig. Kort daarna het dr. Jameson oorgegee.
Jopie was ‘n verkenner en rapportryer tydens die Tweede Vryheidsoorlog en is gewond en gevang tydens ‘n skermutseling noord van Pretoria. Na dié oorlog bly hy betrokke by die Burgermag en sluit in 1914 aan by die sogenaamde 1914-Rebellie teen die toentertydse eerste minister, Louis Botha, se omstrede besluit om Duits-Suidwes-Afrika binne te val as deel van die oorlogspoging van Brittanje en haar bondgenote teen Duitsland.
Jopie Fourie is in die omgewing van Rustenburg gevange geneem op 16 Desember 1914, het voor ‘n krygshof verskyn en is op 20 Desember tereggestel. Hy is die enigste deelnemer aan dié Rebellie wat op hierdie wyse die hoogste prys betaal het.
Die volgende aanhalings kom uit die boek: Jopie Fourie, ‘n Lewenskets, deur J.M.De Wet, 1940:
“Ek kan nie insien waarom ons jong Afrikaners vir Engeland se eer moet veg nie. Wanneer ons die moord van Slagtersnek nagaan… en wanneer ek dink aan die 30,000 vroue en kinders wat vermoor is, sien ek nie waarom ek Engeland moet help om sy eer omhoog te hou nie.”
“Ek weet dat die regering my as ‘n rebel beskou en in my teleurgesteld is. Ook is ek teleurgestel in die regering wat ek gehelp op die been bring het en waarvoor ek my bloed opgeoffer het…”
“Wat ek gedoen het, het ek met oop oë en uit eie vrye oortuiging gedoen. Selfs is ek tot vandag toe nog oortuig dat God die onreg nie sal gedoë nie…”
“Ek kan nie vals wees nie! Nooit in my lewe het ek dit kon wees nie! En mag God my bewaar om nooit ‘n valsaard te word nie! My dade het altyd my hart geopenbaar. Ek is nie van plan om die hof om genade te vra nie. Die genade van my Skepper wat my gelei het, is vir my genoeg…”
“Genade? Is dit nie opmerklik dat ek die seun moes wees wat met die witvlag na Jameson ingery het met sy oorgawe? Hy is gevang en vry gelaat, en daarna word hy sir Starr Jameson; maar ek moet sterwe, daartoe veroordeel deur my eie mense wat twaalf jaar gelede saam met my gestry het vir ons land en volk se vryheid.”
“O, ek hoop tog hulle sal my nie in my gesig skiet nie,” en terwyl hy sy hand op sy bors lê, laat hy hoor: “Hier is ‘n groot Afrikanerhart, groot genoeg om al hul koeëls te ontvang.”
“…so seker as ek u hier voor my sien, is ek oortuig dat die Here met sy dierbare bloed vir my sonde versoening gedoen het; en dat Hy nou kom om my by die hand te neem en deur die dal der skaduwee des doods weg te lei. Hy is mos hier by ons, ons kan Hom voel…”
Met vaste stem begin Josef Gesang 20:8 sing: “Als wy de doodsvallei betreën, Laat ons elke aardse vriend alleen…” Aan die end van die tweede versreël klink die order – die skote val en kommandant Josef Fourie stort neer.
JOPIE DIS MY WENS DAT ONS VOLK SOOS JY KAN WEES, SO SUIWER, EN ONS Oë ALTYD DEUR GERIG OP GOD EN DAT ONS NOOIT SAL RUS TOTDAT ONS VRYHEID SMAAK NIE.