POF eis / RAF claim - het ek een?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Friksie

Pack Dog
Joined
Dec 13, 2007
Messages
95
Reaction score
0
Bike
BMW R1150GS
Ek het gister in Paarl se Hoof Str my GS1150 goed opgeneuk.  Ek het in stadige verkeer regs verby gegaan toe "n bakkie sonder flikkerligte skielik regs draai en my aan die linkerkant tref, ek en die bike het seker 15 meter ver getrek en die straat was vol olie wat moontlik beteken die enjin is opgeneuk.

Behalwe vir my gewone versekering het ek ook nou daaraan gedink ek kan dalk van die padongelukke fonds eis, ons betaal mos dmv levies op petrol daarvoor so hoekom nie, het iemand dalk raad daaroor?  Ek het niks gebreek nie maar is nerwe af en orals styf so moontlik kan mens eis soos mens altyd vir bv whiplash kon eis.

Dan ook, ek soek nie 'n opgefixde fiets wat in 'n ongeluk was nie en sal verkies dat die versekering my uitbetaal indien die fiets dalk nie afgeskryf is nie, enige raad hoe mens so 'n eis hanteer asook betaal die versekering vir ekstras soos topbox, panniers ens as dit nie spesifiseer was nie?  Gelukkig is my helmet en baadjie gespesifiseer.

As daar ander honne is wat ondervinding hiervan het laat weet asb.
 
Top