Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 11,191
- Reaction score
- 1,681
- Location
- Van Daar
- Bike
- Honda CRF-1000L Africa Twin
Vanoggend het ek en miesies Dors gou 'n draai by 'n kollega daar oppad Murraysburg toe gemaak. Oppad soentoe staan hierdie pragtige plate Aloe ferox die berghange vol. Hulle begin nou in volle blom kom en dit maak die pragtigste vertoning. Mens is altyd geneig om sommer so in die ry by die mooi verby te jaag. Vanoggend toe het ons bietjie tyd en ons stop toe sommer om die mooi te geniet. 'n Gratis natuuruitstalling.
Volgens The Aloes of South Africa, Gilbert Westacott Reynolds, kan hulle tot 3.7m hoog word.
Kyk bietjie hoe mooi.
En hoe hoog groei hulle.
Volgens The Aloes of South Africa, Gilbert Westacott Reynolds, kan hulle tot 3.7m hoog word.
Kyk bietjie hoe mooi.
En hoe hoog groei hulle.