Op pad terug van Somerset-Oos na PE het ons ‘n draai gery deur die Groot Visrivier Natuur Reservaat.
Tussen Adelaide en Fort Beaufort is die afdraai na die plaas waar ek grootgeword het.
Ons het besluit om op pad daar ‘n draai te maak.
By die Gardnersdrift afdraai op die bekende grondpad plaastoe.
En die valhek teen veediewe.
Mooi driffie. Hier sien mens dikwels koedoes.
Ons buurman se plaas Smitskraal . . . die huis is afgelope jaar geplunder en tot op die grond afgebrand terwyl die mense weg was.
Die huis was onherstelbaar en is platgestoot.
Die kaal kol hier agter die bome is waar die huis gestaan het. Die buitegeboue is in ‘n klein woonstel omskep sodat daar darem ‘n woonplek is.
Die plaaspad na ons eie plaas Rietfontein is verspoel en rof na die afgelope (baie welkome) reens.
Die veld op die plaas Rietfontein is mooi groen.
‘n Deel van die plaas het kwaai deurgeloop onder die groot haelstorm wat onlangs hier deurgetrek het.
Deel van die skuur se dak het afgewaai en het 200m verder gelê.
Hierdie eens welige wildevyboom en die jakaranda voor die woonhuis se blare is gestroop en van die take het afgebreek.
Die “groot dam” is darem vol --- vir die eerste keer in baie jare.
En die veld is oral grasgroen! Fantasties om te sien!
Hierdie is die buitekamer waar ons as seuns geslaap het gedurende vakansies.
Let op die skietgate hoog teen die muur. Hierdie geboue was ‘n fort wat deur die Engelse gebou is gedurende die Grensoorloë. Soliede klipmure en baie geelhout vloere en plafonne.
Die gedeelte van die skuur waarvan die dak afgewaai het, was die wagkamer waar prisoniers oornag het.
Die woonhuis soos hy vandag lyk is in 1924 rondom ‘n deel van die oorspronklike fort aangebou.
Dit is lekker om te sien die huis is tans mooi geverf en netjies.
Die arme jakaranda hier regs is gehawend na die haelstorm!!
Hiervandaan het ons na Fort Beaufort dorp gery en by die Baddafort padstal in die Katriviervallei gaan brekfis.
Tussen FB en Alice is die afdraaipad na die Groot Visrivier Natuur Reservaat.
Die reservaat bestaan eintlik uit drie aaneenlopende reservate: Andries Vosloo Koedoe Reservaat, Double Drift Koedoe Reservaat en Double Drift Natuur Reservaat.
Heelwat grondpad met in wisselende toestand (meestal goed) het ons tot by die reservaat se ingang geneem.
Aanvanklik kaal wereld, maar mettertyd het die bosse toegeneem
By die inganghek is ‘n groot kaart, dit was goed want ons kon mooi sien waarheen die paaie lei.
In die reservaat is glo twee olifante, ons het hulle nie gesien nie. Trouens ooknie die buffels en swart renosters nie.
Hier en daar bietjie check op navigasie.
Ons het by die uitkykpunt gestop en afgestap na die platform, min wetende van die buitengewone uitsig wat ons gaan sien.
Ongelooflike uitsig, met die sterk vloeiende Visrivier daar vêr onder. Hierdie uitkykpunt is een van die ikoniese aantrekings in die OosKaap.
Ons het verder afgery na die laagwaterbrug, om te sien of die water werklik te sterk is om oor te gaan.
Dele van hierdie afgaan was rof, maar meestal goeie tweespoor.
Geen kans om oor te gaan, die rivier loop baie sterk!
Ons moes toe maar terugry na die plato daar bo. Ons het nie omgegee nie want dit is ‘n lekker stukkie ry-pad. Veral die steil gedeelte. Hier het ek ‘n slag bontgestaan want ek was in die verkeerde rat op verkeerde lyn toe ek skielik die sementstroke tref. Maar GSA het my veilig deurgevat.
Terwyl ons opry het ‘n helikopter rondgevlieg, duidelik op patrollie teen wildstropers.
Op ons kaart was hier ‘n pad aangedui, maar die kaart is duidelik nie op datum.
Die small pad het gou tweespoor geword en later voetpaadjie, later niks behalwe groen gras en klippe.
Ons het weer aangesluit by die mooi pad (R335) na die uitgang.
En gestop om seker te maak dat ons oor die rivier sal kan gaan (min wetende dat daar ‘n groot brug is). Die polisie het seker gedink ons is simpel om te vra hoe diep die Visrivier se water is op hierdie pad na Grahamstad!
En daar was toe ‘n brug!
Op pad na die R67 by Grahamstad het ons deur ‘n klein kloof gery, ek sien die kaart wys Pluto’s Vale pass. Kort, maar heel mooi.
Ons het by die R67 aangesluit aan die bokant van die Ecca pas, maar ongelukkig was die pas nie op ons roete nie, ons moes wes draai na Grahamstad.
‘n Koue bier en ‘n (min-of-meer) wafel het goed gesmaak. Ons het eintlik kaaskoek of iets soortgelyk gesoek, maar ons was duidelik by die verkeerde plek daarvoor ☹
Hiervandaan via Salem en Alexandria na PE.
Die einde van ‘n lekker en interessante dag se ry.