Regulator probleem.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duif

Pack Dog
Joined
Apr 30, 2014
Messages
267
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS
Hi daar, sal bly wees as iemand my dalk kan help met die probleem. My motorfiets sukkel om te start. Jumpstart ek hom, dan start hy, maar sodra ek die jumpers afhaal , dan vrek hy dadelik. Nou neem ek aan dit is 'n klaar battery, maar ek  het nou 2 batterye in 'n kort tydjie vervang. Het n werkende battery ingesit en tester opgesit, terwyl die fiets idle en het gevind dat hy die battery over charge. loop sommer verby die 15 volts. Nou volgens my navorsing is dit die regulator rectifier wat foutief is. Dit is nou die 2de regulator wat dit nou doen. my vraag is, wat kan veroorsaak dat die rectifier aanhoudend oppak?
 
Top