Ek soek asb ook hulp van die slim mense. Ek bly in die Kaap en het op die oomblik ook so 25000 om te spandeer op 'n bike. Ek is heeltemal nuut in die dual bike ry en het nog noot sulke tipe roetes of toere gedoen nie. Het nou sopas my cb400sf verkoop, wat my eerste bike was en voor dit het ek ou kawasaki 250 scrambler gehad vir seker ses maande toe ek 16 was. So nou nie die mees ervare bike ryer nie maar ken dam van in kaap verkeer met bike ry,nie dat dit veel help waarvoor ek nou soek nie. Nou vir die eintelike vraag,wat is 'n goeie begin bike vir daai tipe geld?Daar is 'n dr600 1992 model wat ek gesie het maar nog nie gaan kyk het nie...enige raad sal help. Weet ook dus meestal maar verskillend van mens tot mens maar op die stadium sal ek enige hulp wardeer?Dankie