Suzuki TS 185 ER

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

B Punt

Pack Dog
WD Supporter
Joined
Apr 2, 2023
Messages
62
Reaction score
36
Location
Grabouw
Bike
BMW R1200GS Adventure
Goeie dag julle. Ek het Vrydag die fiets geruil by n vriend. Ou plaas fiets, so is maar redelik gebruik. Blykbaar -3 jaar terug laas geloop.
My 1ste stap was om net eers te kyk of hy die moeite werd is om aan te pak. Vrydag aand, die "Carb" afgehaal en net vinnig skoon geblas met wind, weer terug gesit air filter skoongemaak en alle spinnerakke uitgehaal. Plug uitgehaal en met hand engine gedraai. Alles was los, so het weer aanmekaar gesit. Petrol in die tenk het soos 1900's geruik so dit is as hande was middel gebruik. Vars petrol met n 50;1 mix 2 stroke by vir die wis en onwis. 4 trappe toe is daar lewe.
Maar vrou het geroep vir ete en ek en my jongste moes nog die TF's laai vir Saterdag se Canola Run. So hy staan toe maar.

Saterdag middag na Canola Run het ek die 'carb' afgehaal,gestrip en in suurlemoen sap laat lê tot Sondag oggend.
Na ons ingele het het ek Sondag oggend die 'carb uitgehaal en was nie tevrede met die werking van die sappies nie, toe kook ek hom vir so 30min en mense watse verskil.
Nuwe orings waar ek kon, alles op hulle plek, Start 2de trap, stel idel en "Bobs your uncle" daar loop hy.
Na bietjie peuter het ek gou n ent gaan ry, die brieke is maar min en die clutch was baie hoog gestel so het dit afgestel en nou vat hy lekker. Brieke kort aandag soos baie ander goed op die fiets, maar hopelik met tyd kan ek hom mooi kry om meer pa en seun ekskursies aan te pak.

Volgens oom Google lyk dit na n 1992/4 model. Kan nie verseker se nie, maar maak ook nie regtig saak nie. Parte kan nog opgespoor word en ek kan nie n volle restorasie bekostig nie, so hy sal net moet betroubaar wees , en daaraan betwyfel ek nie die fiets nie.
 

Attachments

  • IMG-20240906-WA0017.jpg
    IMG-20240906-WA0017.jpg
    154.3 KB · Views: 0
  • IMG-20240906-WA0018.jpg
    IMG-20240906-WA0018.jpg
    160.9 KB · Views: 0
  • IMG-20240906-WA0019.jpg
    IMG-20240906-WA0019.jpg
    189.1 KB · Views: 0
  • IMG-20240906-WA0020.jpg
    IMG-20240906-WA0020.jpg
    160.8 KB · Views: 0
  • IMG-20240906-WA0021.jpg
    IMG-20240906-WA0021.jpg
    137.5 KB · Views: 0
Top