Taming the Tankwa...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
3 van ons besluit toe om sommer saam te ry daar van Sutherland af.

Ek, Divan en Henro start op, stop gou om die draai om Henro se olie op te top en daar gaan ons.

Nou kyk, ons het 'n reëling so tussen ons, jy kan ry en jaag en aangaan, maar as jy by 'n afdraai kom, stop jy, en wag vir die bike agter jou, dan ry jy weer verder en hy wag.
Op die manier ry almal dieslefde pad en kom oral uit, net 'n paar van die manne het GPS'e.
Ek het hierdie geleenthede gebruik om so paar scenery fotos te neem.

Ons ry uit Sutherland en klim op die grond regs oppad Ouberg Pas toe.

Mense, maar is dit nou lekker, en mooi!
As ek dit hierdie naweek 10 keer gesê het, dan was dit seker min, maar hierdie jaar het ek baie lekkerder as laas jaar gery.

Deur die draaie, oor die koppies, verby die plase, daai GS van my loop doeksag, en ek bly bo-op.....what a bargain!

Ek kom by die afdraai vir Ouberg Pas en trek af, wag vir die ander manne om te kom.
Verlede jaar is ou Steyn so vinnig daar verby hy het nie eers die bord gesien nie!

Eventually kom daar so klompie ouens aan, en ek dink, hier is my kans nou, ek gryp my goed en gou gou vat ek die pad links vir Ouberg Pas.
Ek ry so entjie agter Nicol, so gelukkig uit sy stof. :lol8:
Ek dink by myself, ek wonder hoe vêr is dit nou nog tot by ons stop, hierdie man se maag trek al skeef van lus vir daai boeries!
Ek wou geëet het by die Hotel, maar ek sien meer uit na die braai op die pas.

Die pad is so lekker en ek wil nog so rondkyk, en skielik.........is daar amper nie meer pad nie. :lol8:
Uiteindelik by die top punt van die Pas!

Nou kyk, die van julle wat al daar was sal weet jy ry nog en skielik is daar net niks.
Daai pad drop net skielik en vat 'n skerp regs, en van daar af is dit stadig oor die klippertjies, feather maar daai brieke.

Ek geniet die stukkie en uiteindelik is ek ook op site, reg om te re-hydrate, 'n paar boeries kaf te draf en dan natuurlik die mooie natuur en rustigheid in te neem.
Wat is dan nou lekkerder!

Almal is daar, kole is al so te sê uitgebrand en dis nie lank nie, toe tan daai worsies,

So het die manne weer lekker gesels, gelag, Mike het so bietjie met sy drone gespeel en so terwyl die manne diep in gesprek is, trek hy 'n paar skote af met sy Glock.........
Ek het nie geweet of daai manne, koes, hardloop of vuil onderbroeke het nie! :lol8:
Niemand het daai een verwag nie! :lol8:

Van die manne check gou so paar goedjies op hulle fietse, net seker maak als is nog reg.
Ek is een van hulle. My luck, als is reg, maar ek het 'n hele paar boude al verloor!
My boonste crash bars is sommer los! My windscreen se linker bout is weg, en ek dink daar was nog een of twee.
Gelukkig het ek 'n klompie hedendaagse helde (cable ties) in my back-up sak, ek sal maar by die huis eendag strip en weer al die boude vervang.

Ons kuier lekker, eet gou 'n lekker paar Vleiswinkel boeries, vat 'n laaste enetjie en begin klaar maak om te ry.
Ons het nog 'n entjie se stoot tot by Gannaga Lodge waar ons Saterdag aand oorbly, en met die paar goedjies wat al gebeur het is ons so bietjie agter die tyd.

Almal is opgesaal en begin klim.
Die pas is redelik styl en klipperig, so die manne vat hom maar stadig af.

Met die uit trek slag het arme Nicol sy footing so bietjie verloor en sy Katoom net so ligtelik neergesit.
Net mooi by die ingang van die spot waar ons gebraai het, is dit so lekker dik sanderinge klipperige gedeelte.
........vat hom maar met momentum, net nie te veel nie want jy moet dadelik links of jy is berg af.

Ou Henro is nie nou lus vir ry nie, so hy klim in die Patrol en Jacques vat toe sy fiets.
Net toe hulle wil ry, wil die Triumph niks maak nie.
Side Stand switch wat moeilikheid gee.
Hulle sort hom uit en is oppad. Net gister (Vrydag) terwyl Henro ry val sy side stand se spring weg, gelukkig het die man nie geval nie.
Ek dink dis dalk waar die switch se moeilikheid gekom het.

Dit daar gelaat, ons is op die pas oppad af.
Ek sien kans vir baie en reken ek gaan hierdie pas probeer geniet, staan regop, en ek laat loop oor die klippe.
Plek-plek het ek myself impress! :lol8:

Kort voor lank is die pas klaar en is ons weer op die straights.
Kom op 'n lekker stuk en dink, ou GS, laat jy loop pappa.

Nie te lank nie moet ons regs draai om daar by Tankwa Tented Cam verby te gaan, maar eers, hier staan Llewellyn en vat 'n break.
Ek stop daar by hom, so raak ons gesellig en wag vir die ander bikes om verby te gaan.
Die backup vehicles kom by en so raak dit 'n nat gat. :lol8:
Ek hou maar by my water........vir nou.

Ek wag so wyle en reken ek gaan skiet, Llewellyn, Steyn en Martin staan nog met 'n verversintjie, hier is my gap. Kom ons kyk of ek kan voor bly.
Ek trek weg daar met 'n redelike spoed, ek wil nou lekker ry en klaar ry.
So gaan ons deur die swaaie en draaie, verby die geboue ens.

Op 'n kol raak ek deur mekaar met die pad want hier is nou 'n stuk wat nie laas jaar daar was nie.
Ons het laas jaar 'n ander gedeelte gery en nie hierdie stuk nie.

Ek is op spoed, hier lê skielik sand, daar is bome oral en en en.........
Ek begin saggies bid, en per ongeluk vloek soos ek skrik.

Hop - hop - hop, ek is deur!
Ek het nie geval nie!
Ek verstaan nie hoe nie, maar ek vat dit! :lol8:

Deur die sand, deur die draaie, deur die bome, daar is ek weer op 'n straight en veilig........relatief. :lol8:
Kom by die plaas hek, hier staan Jacques met die Triumph, hy ry en ek wag.

Kort voor lank kom Llewellyn daar aan, ek en hy geniet 'n ou watertjie terwyl ons die vlaktes staan en kyk.
Op 'n kol sien ons nee wat, hier kom Steyn en Martin.
Nou kyk, hierdie 2 ry so naby aan mekaar hulle kon hande vas hou, en dit nog op spoed ook.
As jy hulle spore kyk op die pad lyk dit soos 'n kar, so loop hulle langs mekaar.

Hulle stof hang nog so en ons sien die 2 ligte in gaan by daai sanderige bomerige stuk..........skielik kom daar net 1 uit. :patch:
Nou begin ons dink, en kyk, en amper worry.
Nie lank nie, hier kom Martin by ons aan (die man mag maar ry en daai Honda ook  :drif:).

Ons staan so minuut of 3, en Martin skiet gou terug om te gaan kyk, net voor Martin by daai gedeelte kom, steek Steyn kop uit (of altans sy lig).
Die man het bietjie geval in daai stuk. Prys die Here maar niks te erg nie, net bietjie lyf seer en so aan.
Gelukkig het hy die fiets weg geskop.

Die manne vat weer 'n doppie vir die nerves/spiere en ek pak...........

Ek ry lekker en kom by die T waar ons nou moet regs Gannaga se kant toe.
Hou by die reël, wag vir die volgende bike.

Kort voor lank kom Steyn en Martin daar aan, ek wys hulle moet sommer skiet, ek sal wag.
Dis nie lank nie toe kom Llewellyn en die back-ups.

Ons vat pad...........en nie te vêr nie, sien ons doer staan 'n bike, en hier is 'n man in die veld........
Hier is dit Martin wat sy zorst soek in die veld. :lamer:
Nou kyk, die man se bors was klaar warm na die tyre plek sy bike laat val het.........nou het hulle ook nie sy zorst se boude reg vas gemaak nie.......
Kry die pyp, kom by die bike, nou probeer ons dit weer opsit, sonder die boud.
Ons gaan deur die backup vechiles, ongelukkig nerens 'n boud wat pas nie.
Ons probeer toe maar 'n klompie heavy duty cable ties, en Martin ry vooruit.

Kort voor lank, hier is ou Martin alweer opsoek na sy pyp..........
Die backup vehicles kom en ons gooi die pyp sommer agter op, klaar gesukkel nou.

 

Attachments

  • 35.jpeg
    35.jpeg
    159.3 KB
  • 36.jpeg
    36.jpeg
    139.8 KB
  • 37.jpeg
    37.jpeg
    206.6 KB
  • 38.jpeg
    38.jpeg
    337.7 KB
  • 39.jpeg
    39.jpeg
    271.3 KB
  • 40.jpeg
    40.jpeg
    275.2 KB
  • 41.jpeg
    41.jpeg
    268.6 KB
  • 42.jpeg
    42.jpeg
    124.8 KB
  • 43.jpeg
    43.jpeg
    114.2 KB
  • 34.jpeg
    34.jpeg
    174.9 KB
RIGHT, nou gooi ons, dis die laaste stretch Gannaga Lodge toe en dit is al 'n lang dag.

Teen die tyd toe ek Gannaga Pas begin klim, toe begin dit so net skemer raak.
Bietjie later as wat ek sou gelike het, maar tog te pragtig.
Ry lekker rustig en geniet die pragtige skildery wat hier rondom my geskep is.

Kort voor lank stop ek bo by die Lodge, daar haak nog 'n paar manne vas sommer in die parking oppad binne toe.  :lol8:

Eerste wat ek hoor........Daniel se enkel is af....... :bueller:
Huh?! Hoe-wat-hoekom-waar-hoe laat?
Park die bike, skiet binne toe, daar sit die man, voet in die lug.
Aai ou mater, dis nou niks lekker nie.
Was darem nie 'n groot val nie, blybaar net om geval en bike bo-op, by die voet van die pas nog.

Dit was 'n lang dag, ek gaan bêl dadelik gou vir Mamma, net om te sê ek is veilig.
Toe ek haar die tyd laas jaar bêl, toe moet ek sê ek het geval.......was ek nou vir jou in die moeilikheid omdat ek geval het! :lol8: :lol8: :lol8:

Klaar gepraat, foon in my sak, ek het nog my volle kit aan, en ek gaan plak myself daar langs die bar.
3 vinnige yskoue biere en ek voel klaar baaaaaaaaaaie beter, reg vir die aand!
Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit dan weer.

Die dame agter die bar kom stop sommer dadelik 'n papier in my hand.........nee, dis nie haar nommer nie  :imaposer:
Dis die menu wat ek gou moet besluit.
Ek scheme toe ek vat 'n lekker Lam Nek...........meer oor dit bietjie later

So raak die manne gesellig, daar was 'n paar ander mense ook gewees, maar niemand het hierdie groot groep loud bikers verwag nie. :lol8:

Die fogtigheidjies vloei, die shooters vloei, kort voor lank is Oom Johan se brandewyn so te sê op, sy gewone Coke is op, die manne is mos dors en speel nie! :lol8:
Oom Johan koop toe sommer later een van ons bottels, en sê toe ons kan maar ons squeeges gaan haal, sy drank is te min. :lol8:

Dinge raak lekker en ek dink, hierdie girltjie agter die bar trek net so kleine bietjie swaar met die spul.
Ek was destyds 'n bar man vir so 5 jaar, en ek het dit vreeslik geniet.
Ek hoor by Oom Johan of dit okay is dat ek so bietjie help en daar gaan ek, en dit was my plek vir die res van die aand. :lol8:
Ek het dit geniet, en dit het my darem weerhou om self te veel....vas te vat.
Lekker gekuier, lekker "gewerk", en almal was happy.

Op 'n stuk kom die kos, ek chow sommer daar agter die bar.
Mense, ek sê vir jou, ek kan nie dink dat ek al ooit so lekker skaap nek geëet het nie.
Maaaaaaaaaaaaaaa se hare.
Ek verlang sommer terug.

Die manne het klaar geëet en keer toe terug om hulle dors te les.............
Llewellyn se gat brand en hy loop start sy Katoom........what a surprise. :lol8:
Hy maak so bietjie geraas, spin so bietjie daar op die voordeur se stoep, en nie te lank nie, toe sê Oom Johan, man, trek net die ding in die lodge in en kry klaar. :lol8:
Daai lodge het goed weergalm. :lol8:

UIteindelik..........bikes gebêre en almal terug op hulle pos.....by die bar.

So loop die manne oop ketels en almal geniet die veestigheid.

Daar is op die bar gedans, agter die bar, voor die bar, ORAL.

Dis Nicol se verjaarsdag Sondag............ie 12 uur, almal wag net vir dit en begin sommer klaar die shooters op line.

Die klok slaan 12 uur, Oom Johan steek 'n kers op, ons sing vir Nicol en die man begin met sy shots.

LEKKER BOYS!

So verloop die aand, die manne raak moeg, party raak........warm, die drank raak op......

Die laastes was gewees ek, Mike, Neil, en dan Oom Johan en die dame van die lodge, ons is 2:00AM kamer toe.

Mense maar dit was lekker, lekker mense, lekker geselskap, een vir die boeke.

Ek hoor toe Sondag oggend, ou Martin se fiets was so moeg, hy het sommer self loop lê en slaap. :lol8:





ps: daai skaap kop.........KYK HOE KYK SY VIR MY!



 

Attachments

  • 56.jpeg
    56.jpeg
    104.4 KB
  • 64.jpeg
    64.jpeg
    67.1 KB
  • 63.jpeg
    63.jpeg
    134.5 KB
  • 62.jpeg
    62.jpeg
    86.4 KB
  • 61(1).jpeg
    61(1).jpeg
    92.7 KB
  • 59.jpeg
    59.jpeg
    106.9 KB
  • 58.jpeg
    58.jpeg
    97.8 KB
  • 57.jpeg
    57.jpeg
    39.3 KB
  • 60.jpeg
    60.jpeg
    80.1 KB
Dis vroeg Sondag oggend, die lug is nog lekker koel, maar dis mooi, dis stil, die natuur, dis hemel.

Ek drentel so bietjie rond, gesels hier, gesels daar, lê nog so bietjie onder die lekker komberse.

Nie te lank nie, toe sê my roomie, hy is oppad, hy gaan skiet, hy wil by die huis kom.
Die man het nie eers geëet nie.
So gegroet and off he went.

Dit was nie lank nie toe begin meeste van die ouens so biiiiiiiiietjie haastig raak, almal kom by, gaan eet 'n stukkie, betaal hulle skuld van die vorige aand............
Gooi gou ekstra bietjie petrol. Elk een het 'n ekstra 5lt op die bakkie gehad vir die laaste stretch tot op Ceres.
As jy normaal ry, is 5 lt genoeg, as jy soos Steyn en Martin ry..........beslis nie.

Teen 9 uur is 98% van die mense reg om te ry, ek inkluis.
Ek gaan soek vir Steyn en Martin........hier lê die manne nog lekker onder die komberse!
Die mense is haastig, en wil ry, ek besluit toe om maar agter te bly saam met die 2, ek het darem 'n klein kompressor en 'n paar tools ens.

Die ander klomp vat die pad, backups inkluis.

Kan julle nou julself in dink hoe ek moes sukkel om die 2 aan die gang te kry, ou Martin veral.

Toe hulle nou uiteindelik klaar is, vat gou 'n vinnige verversintjie by die bar, en praat oor die petrol.........
Die 2 is mos hooligans, so daai 5lt elk is nie eers 'n druppel in die emmer nie.
Uitkoms......ons gaan eers moet Middelpos toe vir petrol, dis 'n ekstra 60 kilos/ uur se ry/later.
Nou's ek klaar bietjie warm onder die kraag, maar ek kan mos nie die manne so gestrand los nie.
OOM JOHAN TO THE RESCUE!
Te danke aan die dame van die bar, daar koop ons gou 20lt petrol by Oom Johan, en voel meer gemaklik oor die petrol situasie en tyd.
Terwyl ons wag vir die petrol om op te kom, vat ons maar nog enetjie (ek drink net koeldrank/water).

11 Uur kom en ons kan uiteindelik weg trek.
Steyn het nie lus om vinnig te ry nie, so hy wil my GS ry en ek sy Katoom.
Nou kyk, ek wil so ding hê, dis al ou nuus daai, maar flip, nou maak jy my nog die ding ry ook.

Ons trek weg by die lodge, af by die lodge se pad en regs oppad Gannaga Pas toe.
Ek is skaars daar af toe stop ek, die Katoom voel wêrelde anders as die GS.
Loer gou bietjie........pap agter wiel.
Ons sien nog die lodge! Ek is seker ek kan hom raak gooi met 'n klip.

Pak af, kompressor uit, check die tyre, pomp.
Pak op en ry.

Ek ry nog so klein bietjie, net voor ons die pas sak, scheme ek, bogger dit, ek gaan nie dit doen met 'n ander se fiets nie.
My GS is groot swaar en en en, maar ek is al redelik gemaklik op hom.
Om nou skoor te soek met 'n ander man se fiets in die middel van nêrens, nie 'n goeie idee in my kop nie.

Ons ry Gannaga af, hier sit Martin in die skaduwee, wag vir ons na ons Steyn se wiel gepomp het.
Ek ry vooruit terwyl Steyn en Martin gou agterbly terwyl Martin aan trek.

Ek sak die pas en sleep op die straights om bietjie tyd op te maak voor hulle my in haal.
Nie te lank nie en hier kom hulle.
Ek wys vir Martin sleep maar en ek wag vir Steyn, net om seker te maak als is okay.

So klein tydjie daarna kom Steyn..........agter wiel weer pap.
Stop, nou soek ons........wragtig, lekker groot gat.
Ek sê vir hom, ons gaan hom dokter, maar nou trek ek eers my baadjie uit en vat 'n ppaar slukke water.
Ons sort gou sy tyre uit, Bob's your uncle.
Hy sê voor ons klim.........eers tyd vir 'n selfie. :lol8:

Voor ons klim sê ek ons het so 34 kilos oor...........dit is nou voor my ou yster oorslaan 100 000km toe.
Ek sê al heel naweek, come hell or high water, ek mis dit nie, as hy oorslaan stop ek en klaar.
En dis hoe dit was. Ek het seker gemaak ek kyk gereeld af om te kyk hoe vêr nog (ek ry meeste van die tyd staande, dit is net vir my soveel beter, wens ek kon permanent staan).
Toe daai speedo oorslaan, ek briek vir als wat ek werd is, ek dink daar lê nou nog 'n lekker lyn in die pad. :lol8:

Ek vat gou paar fototjies, saam met Steyn, klim weer en ons stoot vir die Padstal.
Op hierdie stuk was ek bietjie moeg, baie dors, en taamlik haastig.
Ek scheme kom ons kyk wat is my en my bike se capabilities.
Ek weet hy is yster, hy het sopas 100 geslaan!

Ons stoot, ek en Steyn so side by side.
Plek-plek het ek nogsteeds redelik afgeslack vir 'n draai of 'n jump/cattle grid, maar meeste van die pad was ons saam-saam so 180.
Uiteindelik kom ons by die T wat aansluit by die R355, ons kap 'n links Padstal toe en ek maak gat los net om bietjie te celebrate.
Dis die laaste stretch en ons stoot tot by die Padstal.

Kom daar, hier sit Martin al laaaaankal......obviously. :lol8:
Pak af, trek uit, en vat 'n ys koue bier, dit is brood nodig.
Ons sit en gesels so, vat nog 'n enetjie, en ontspan lekker, dis 'n rowwe oggend so vêr. :lol8:
Op 'n kol sê ou Steyn, hy is trots op my en ek het mooi gery, oor die algemeen die naweek, maar spesifiek die laaste 50 kilos voor die Padstal.
DIT is vir my 'n m*erse kompliment, groot pluimpie in my hoed.

Ons sit nog so wyle, en ou Martin raak so dors, hy soek 'n skilpad dop.........
Hy vat die skilpad se dop wat op die bar lê, gooi gou 'n verversingtjie daarin en daar gaan hy........hou vas my dop. :lol8:

So gaan ons aan en na Martin geëet het, besluit ons om te skuif.
Teen die tyd het die wind lekker opgetel, en het ons al lekker gekuier met die ander mense wat daar was.

Kom by die bikes, ons pomp gou Steyn se voor wiel, ek pak op en klim.
Ry so lank pad se kant toe, net wat ek op die R355 draai en terug kyk, sien ek Steyn roep.
Draai om en dink.....wat nou weer.
Ou Martin se voor rim het 'n smile, nie 'n smiley nie.......
Ons kry toe gelukkig 'n stuk hout, 'n 5 pond hammer en daar bewerk ons daai saak.
Dankie aan die man van RCR Motorcycles in Durban Road Bellville vir sy hulp/bereidwilligheid. Hulle was ook die naweek daar by die nuwe plek geweek so 10 kilos van die Padstal af, en ons het mekaar raak gekuier daar by die Padstal.

Rim is gesort, gepomp, en reg om te ry.
Ons trek weg, Steyn en Martin jaag soos iets uit 'n movie, en ek hang bietjie terug vir die stof, maar ook omdat ek nou begin besef die trip is verby........
Eintlik skoon hartseer.

Ons ry daai laaste stuk en toe ek van die grond af klim 40 kilos voor Ceres, stop ek om wiele op te pomp, daar by Steyn en Martin.
Nou raak dit nog meer van 'n realiteit. :'(

Ons maak klaar daar langs die pad en mik vir Ceres.
Ons ry mooi want petrol is min.......

So 14 kilos voor Ceres (by die informele nedersetting).......daar is Martin se fiets ook nou dol leeg, nie eers meer 'n druppel petrol nie.
Steyn jaag gou om nog petrol te gaan kry en ek wag daar by Martin.

Kort voor lank, hier kom Steyn met n stink spoed.
Gooi die petrol oor en stoot vir Ceres, laaste entjie.

Ons kom by die Engen garage om vol te maak, en daar is dit nou, als oor en verby.
Hierdie groot excitement is nou iets van die verlede.

Ons staan so bietjie rond, groet mekaar, en val in die pad.
Ek en Steyn is darem net Brackenfell & Kuilsrivier, Matin moet nog Hermanus toe.

Die dag was lank, dit was 'n mal lekker naweek, ek is hartseer dis verby, maar ek is ook moeg en wil by die huis kom.
Ek en Steyn pak vir die huis met 'n spoed.
18:01 Sondag middag en ek is uiteindelik by die huis.

Soos ek skryf verlang ek klaar, maar my siel berus by die feit dat ons dit weer gaan doen.

Ek is dankbaar vir die geleentheid, ek is dankbaar vir die mense, ek is dankbaar vir die natuur.

Die nuwe manne wat ek ontmoet het, what a Blessing.

Tot volgende keer........

LEKKA BOYS!



 

Attachments

  • 70.jpeg
    70.jpeg
    83.9 KB
  • 72.jpeg
    72.jpeg
    148.6 KB
  • 71.jpeg
    71.jpeg
    99.2 KB
  • 69(1).jpeg
    69(1).jpeg
    124 KB
  • 68.jpeg
    68.jpeg
    158 KB
  • 67.jpeg
    67.jpeg
    213.8 KB
  • 66.jpeg
    66.jpeg
    137.3 KB
  • 65.jpeg
    65.jpeg
    127.7 KB
Net nog so paar kiekies.....
 

Attachments

  • WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01.jpeg
    WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01.jpeg
    49.5 KB
  • WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (1).jpeg
    WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (1).jpeg
    42.5 KB
  • WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (2).jpeg
    WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (2).jpeg
    117.4 KB
  • WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (3).jpeg
    WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (3).jpeg
    101.4 KB
  • WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (4).jpeg
    WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (4).jpeg
    120.5 KB
  • WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (5).jpeg
    WhatsApp Image 2019-05-20 at 18.35.01 (5).jpeg
    110.8 KB
Supplementary addendum:

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/yzHcovUg0iw" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/0pumESj4IcY" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/UZGwRYPcW3E" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/VtEO5X6xwvc" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/O3IekOrrxjA" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/R2qFtkdmB1Y" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/Kmr2D68ttwY" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/teKJ9VeAduc" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>

<iframe width="560" height="315" src="https://www.youtube.com/embed/zBOplEVSpks" frameborder="0" allow="accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture" allowfullscreen></iframe>
 
Lekker saamgery, baie dankie

Van die beste paaie in ons land daardie, verlang darem nou erg terug!
 
BikerJan said:
Lekker saamgery, baie dankie

Van die beste paaie in ons land daardie, verlang darem nou erg terug!

Dis net 'n plesier my vriend.
Dit was vir my 'n voorreg om dit te kon beleef en te deel.

Die paaie is amazing en die experience net soveel meer.

Ek was 'n paar keer bietjie vinnig op 'n draai of 'n cattle grid, baie dankbaar ek kon dit save.

So leer ek, en volgende keer nog bietjie improve.
 
:ricky: lekker klomp rowwe bliksems, dankie vir die deel. :thumleft:
 
Great RR  :ricky:

Ek wens ek het so baie bike vriende op een tyd en plek.

Ek sal net nie meer so baie kan drink nie ongelukkig.  Ek sal platval (sonder die bike)
 
Top