Taming the Tankwa...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Grunder said:
Great RR  :ricky:

Ek wens ek het so baie bike vriende op een tyd en plek.

Ek sal net nie meer so baie kan drink nie ongelukkig.  Ek sal platval (sonder die bike)

Dankie mater, waardeer dit baie.

Jy is enige tyd welkom, dit is eintlik baie maklik om so klomp by mekaar te kry....... :lol8:

In terme van drink........ek het myself belowe ek gaan nie 'n repeat hê van laas jaar nie, en ek kan darem sê ek het nie, nie nastenby nie.
Ek het als soveel meer geniet.

........as jy val, tel ons jou op......dis hoe almal veilig in die bed kom. ;)
 
Baie dankie dat julle ons genooi het, die twee ou toppies op die ou Hondas, ons het julle gelukkig nooit opgehou nie, ons het dit moerse geniet, die fyn truuks het so op die tweede dag terug gekom en die stressvlakke het gedaal. Julle ouens weet hoe om te kuier, dit het die senuwees kalmeer. Die organizing en blyplekke was perfek. Die Tankwa is een van my gunsteling plekke en dis n heeltemal ander ervaring op n bike, ek sal dit enige dag aanbeveel. Dankie weereens.
 
Dis nou n weskaap bike wegbreek naweek op sy beste, :deal: :thumleft:
 
Allan.Venter said:
Baie dankie dat julle ons genooi het, die twee ou toppies op die ou Hondas, ons het julle gelukkig nooit opgehou nie, ons het dit moerse geniet, die fyn truuks het so op die tweede dag terug gekom en die stressvlakke het gedaal. Julle ouens weet hoe om te kuier, dit het die senuwees kalmeer. Die organizing en blyplekke was perfek. Die Tankwa is een van my gunsteling plekke en dis n heeltemal ander ervaring op n bike, ek sal dit enige dag aanbeveel. Dankie weereens.

Oom Allan, dit sou nie dieselfde gewees het sonder Oom-hulle nie! Dis min wat 'n mens so groot groep by mekaar kan kry en almal gel lekker saam.
Ons ouderdomme was van jonk na "oud", en dit het geen verskil gemaak nie.
Dit was mal lekker.

Oom praat van ophou, daar is nie so iets nie. Amal ry lekker saam en pas aan by mekaar, dis so eenvoudig soos dit.

........ek sien klaar uit na volgende jaar, ongelukkig is dit nog lank, :lamer:
 
........ek sien klaar uit na volgende jaar, ongelukkig is dit nog lank, :lamer:
[/quote]

Ons gaan nog n paar trips reel hierdie jaar, ek kan nie n jaar wag nie, sal laat weet.
 
Top