The Incidental Trip, GRIZZ and DOZER... and the XT RECOVERY - 20/21 April

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dit het oor Paasnaweek so 100mm of wat in die Kloof gereën, so ons verwag daar gaan heelwat water wees en die eerste groot driffie, net ander kant Bosluiskloof, is aanduiding daarvan. Hy's gewoonlik droog.
 

Attachments

  • 036.JPG
    036.JPG
    422.1 KB
  • 037.JPG
    037.JPG
    425.2 KB
Nog meer so toe ons net voor Studtispoort die eerste keer die Baviaansrivier kruis.

Op Studtis stop ons by Babes se Winkel waar grizz aan die gesels raak met oom Piet Kruger van Sandvlakte, wat 'n paar ou Baviaans stickers vir hom het. Ons gaan maak toe eers by hom 'n draai en die ontmoeting sou later handig te pas kom.
 

Attachments

  • 37d.jpg
    37d.jpg
    219.6 KB
Ek haat die getikkery. Gister die laaste deel gedoen en toe ek die knoppie druk, fail my konneksie by die werk en ek verloor dit. Toe sommer moerig en moedeloos. (Bygedra deur al die huidige kakpratery op die froum ook)

Sal later vandag klaarmaak.  :thumleft:
 
Ons is die park in en met die eerste driffie hoes en proes die bike 'n keer en toe ek deur is, vrek hy. Ek wag vir grizz en dozer om deur te ry en toe ek die knoppie druk start hy. Ry so kilometer toe vrek die bike.

Ons ZEN so bietjie en al wat dit kan wees is die CDI wat hier onder die stert sit, blootgestel aan die waterspat agv 'n onoordeelkundige tail-tidy.

Haal af en droog uit met die son. Na 'n ruk se gekarring vat hy en loop. Sit af, pak en toe ek weer die knoppie druk is die bike dood en bly dood.

Op die laaste pic kan julle sien die pyltjie wys waar die CDI sit  ???
 

Attachments

  • 37f.jpg
    37f.jpg
    200.1 KB
  • 37g.jpg
    37g.jpg
    229.6 KB
  • 37h.jpg
    37h.jpg
    215.4 KB
So wat nou ? Ons het so uur en 'n half tyd verloor en dis middel van die dag. dozer sal my terug sleep sandvlakte toe en dan kyk ons om verder plan te maak.

Oom Piet is glad nie verbaas om ons te sien nie. " Nee, dis reg, sit die bike maar daar onder die dak. Dis waar die verdrinkte bikes maar altyd staan"  :imaposer: Sy rekord is 8 GSA's op een slag  :eek7:

Ons besluit ek en dozer pillion op sy 1150. Terug Willowmore toe en dan Steitlerville om huistoe. Dis eers so 120km grondpad weer en dozer het die goeie grasie om voor te stel dat ek die bike uitry. Erkenning van hom dat ek meer onderving het vir die toestande het. Ek het dit baie waardeer. En hy was 'n goeie pillion.

Op Willowmore ruil ons om en ek sit pillion. Heel nuwe ondervinding maar hy ry mooi.
 

Attachments

  • 37l.jpg
    37l.jpg
    263 KB
En dis die storie. Ons land uiteindelik veilg by die huis so by 1900 se kant. Moeg en teleurgesteld oor die dag se verloop.

Maar soos grizz gesê het... dinge gebeur en mens weet nie hoekom nie, maar jy gaan aan.

Nie te min het ons twee dae se saamry en kuier gehad en ek het dit baie met die twee geniet. Die kuier was natuurlik nog nie verby nie, met die braai wat nou sou voorlê en wat gepost is op grizz se thread.

TO BE CONTINUED, want volgende naweek gaan ek my my tjom, Innis, die recovery doen. My vierde trip Baviaans toe die jaar :ricky:

Its tough, but someone just has to bite the bullet and do it.
 
Pietcoke said:
Jup gaan jy nou die CDI verskuif na n beter plek?

Ek will daarna kyk, ja. Maar dis nie die enigste probleem nie. Die regulator sit ook daar agter met dan 'n klom elektriek konneksies. Ek wil die lot skuif of ten minste die mudguard terug sit om dit te beskerm, soos die bike ontwerp is  :deal:
 
jupiter said:
Pietcoke said:
Jup gaan jy nou die CDI verskuif na n beter plek?

Ek will daarna kyk, ja. Maar dis nie die enigste probleem nie. Die regulator sit ook daar agter met dan 'n klom elektriek konneksies. Ek wil die lot skuif of ten minste die mudguard terug sit om dit te beskerm, soos die bike ontwerp is  :deal:
:thumleft:
 
spoedvark said:
Voorspoed met die repairs JUP!

Thanks,. Ek het eerder nog nie gevra wat dit my gaan kos nie. Wil nie die trip nou al bederf nie.
 
The saga continues so come join me on the next trip https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=122098.0 for a jol and lekker ride.
 
Ek hou van jou skryfstyl. Jy vertel a befaakte storie! Sal 'n eer wees om jou innie persoon te kan ontmoet!
 
Wooly Bugger said:
Ek hou van jou skryfstyl. Jy vertel a befaakte storie! Sal 'n eer wees om jou innie persoon te kan ontmoet!

:thumleft: Eish ! Ek belowe nou al twee jaar 'n Social Tour na julle kant toe, want daar's 'n klomp van julle KZ'enners wat ek ook nog wil ontmoet. Hierdie jaar was die ZEN bike stukkend, so ek skiet vir volgende jaar Januarie.
 
Uiteindelik toe laasnaweek met die EC Bash die bike gaan haal op Sandvlakte. Na al die drama, kak en hare is dit toe net 'n draadjie wat afgeskuur het.

Ironies, toe ek die bike gaan haal het in die Kaap, maak ek toe mos by Daan 'n draai en hy wys my hoe kwesbaar die CDI hier onder die stert sit. Waarsku ook dat hy rond skud en die konneksies van die drade kan seermaak. Hy verduidelik mooi hoe hy syne vasgepak het om dit te beskerm.

Maar ek neuk toe mos net aan  :BangHead:
 
jup ek is jammer jy het uitgemis op die ride, maar bly dis so 'n klein probleempie!

Jy moet maar partykeer luister wat oom Dan se, daar is wyshede daar tussenin  ;D
 
Top