Tiffie se oepsie en krater se mater

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

sakkewasser

Puppy
Joined
Dec 25, 2013
Messages
28
Reaction score
0
Location
Jeffreysbay
Bike
BMW R1200GS Adventure
Goeie dag mede Wild dogs

Onlangs gehoor van die forum by Tiffie, jip ek's sy oepsie. Ek en my broer (krater) het besluit om die jaar 'n "from me to me" geskenk te koop genaamd die G 650 GS Sertao (Nie n Serato nie..................my ook n ruk gevat) nadat ek vir jare gesê het die motorfiets-ding doen dit nie vir my nie. Ja, ons het op n plaas grootgeword met fietse soos die XT 500, maar dis tog nie dieselfde nie. Maar ek moet sê ek was verkeerd, want onlangs het ek en my ouboet n toer gedoen en, jammer vir die kras stelling, maar moer dit was lekker!!

In elk geval ek's in die konstruksie bedryf en werk tans in die Transkei in n stad/dorp/weet nie wat nie genaamd Mthatha met waterwerke vir n maatskappy Norland Construction. Ja dit moet n familie ding wees want my pa en broer doen dit ook.

Peace :snorting:
 
Top