Where has your bike taken you today?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dis moeilik om op jou foto te sien maar Is die white canola nie dalk koljander nie Chris?
Nee canola dink ek Blikners maat van my se grond en wit canola aard beter daar as geel canola. Hoekom weet ek nie.
Ek dink koljander plant mens ook eers hier teen september rond sover ek weet.
 
Saterdag Vroegoggend het die BMWMCCC se Moto-marshals by Franschoek ingeval om by die Race to the Sea fietswedren te werk.
2023-09-02 0646 04.jpg

'n Mooi reënboog by die propvol Steenbras dam.
2023-09-02 0913 02.jpg

'n Mooi sandsteen bruggie buite Botrivier
2023-09-02 1253.JPG

Canola lande so ver jy kyk tussen Botrivier en Caledon
2023-09-02 1243 47.jpg


2023-09-02 1222 03.jpg


Hier het my voorwiel van die pad af gegly. Wat na 'n redelik goeie lyn gelyk het was eintlik 'n bedekte gat. Agterna het ek gehoor dit het met meer as een ander ouens ook gebeur.
2023-09-02 1308 32.jpg


Gelukkig was daar hulp agter my om die fiets agteruit te trek na vaste grond.
Hulle het dit self net-net gemaak deur hierdie glibberige driffie.
2023-09-02 1310 44.jpg


Lieflike tweespoor al langs die treinspoor na Caledon.
En die mooiste uitsigte oral om jou.
2023-09-02 1330 Tweespoor 02.jpg


2023-09-02 1340.JPG


En blomme oral
2023-09-02 1412 2.JPG


Dit was al donker teen die tyd dat die laaste trappers by die eindpunt aangekom het.
Die laaste 500 meter in die donker was nogal 'n uitdaging, met die reën wat die fietse se spore in 'n glibberige gemors gemaak het.
2023-09-02 1841.JPG


Sopnat maar veilig by die eindpunt.
2023-09-02 1850 23.jpg


Moeg en baie tevrede het ons die 100km terug huistoe aangepak.
Wat 'n lekker dag se "werk" was dit gewees!
 
Dit was 'n baie lekker "event" gewees en ek was bly dat ek en my vrou deel van die MotoMarshal groep kon wees. Die paaie was baie "interesant" en mooi gewees, met die paar modder kolletjies:devilish:. Die stadig ry tussen al die fietsie en die "uitdagings" het 'n man lekker laat werk op die yster perde, veral as jou vrou ook nog agter op die fiets is. Ons moes self 'n paar keer ander mense se motorfietse uit die modder help optel.
 
Dit was 'n baie lekker "event" gewees en ek was bly dat ek en my vrou deel van die MotoMarshal groep kon wees. Die paaie was baie "interesant" en mooi gewees, met die paar modder kolletjies:devilish:. Die stadig ry tussen al die fietsie en die "uitdagings" het 'n man lekker laat werk op die yster perde, veral as jou vrou ook nog agter op die fiets is. Ons moes self 'n paar keer ander mense se motorfietse uit die modder help optel.
Ek sê altyd iemand wat kan mouterbike ry is die ou wat grondpad ry met n kameraman agterop wat verkeerdom op die seat sit!! 💪
👏
 
My vrou draai gereeld haar rug op my, so dit het dinge seker 'n bietjie makliker gemaak 😜

Ek haal my hoed af vir my "huisdiertjie". Vir 'n beter ry maat kon ek nie gevra het nie... sy gee ag aan my enigste 2 reëls as ons op die fiets is.... sit stil en bly stil. Alle grappies op 'n stokkie, ek persoonlik sal nie pillion wil ry in suke tipe paaie en omstandighede nie. EK het baie respek vir 'n pillion, daai persoon met 222% se vertroue in hulle partner hê.
 
Top