Where has your bike taken you today?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
@Vis Arend

Die einste een.

Ja dankie, ek geniet die Oos-Kaap erg. Nou gesluit vir Kerstyd en kruie aan huis toe, Pretoria. Wil Natal om, nou op Gonubie, besluit nog op ʼn roete.
So gedink, dankie, maar nooit geweet daai pas het 'n naam gehad nie, wys jou net, nooit te oud om te leer nie. ;)
Jy sit omtrent op die regte spot met baie mooi roetes tot jou beskikking vir lekker een dag trips of anders dalk 'n een nag oorslaap, ek sal jou later so paar roetes aanstuur waarvan jy kan kies.

Van Gonubie na Durban is maar 'n probleem, tensy jy die ou Transkei goed ken en vertroud is met die omgewing of iemand ken wat daai omgewing goed ken, anders sal dit maar binneland toe moet wees om lekker roetes in te sluit tot en met omtrent Kokstad, vandaar sal dit heel moontlik teerpad wees. :oops: Sterkte met die pad huistoe. (y)

Hier is 'n roete binneland se kant om wat ek sou ry, hy is in twee gedeel om te pas op Google Maps.

Gonubie na Otto du Plessis

https://maps.app.goo.gl/1N7rZZjDqtHuP21e7

Otto du Plessis to Kokstad via Rhodes, Naude Pass

https://maps.app.goo.gl/kktdmgqmK2xx1hay8
 
@Vis Arend

Dankie vir die roetes Louis.

Staan net hier oor by vriende op Gonubie en hulle beveel ook aan eerder binneland oor.
Is eintlik naby Jansenville besig by nuwe windplaas, en gaan vroeg Jan weer met fiets daai kant toe, Vrystaat deur.
Groot plesier, laat weet wanneer jy terug is dan gee ek so paar voorstelle van lekker roetes in daai omgewing, alhoewel ek sien jy al van hulle gedoen het. 😂 Wat ookal roete jy neem, ry veilig en geniet dit.

Ps. Laat weet van watter kan jy in die Vrystaat deurkom, dan kyk ek na 'n roete vir jou Jansenville se rigting toe. (y)
 
  • Like
Reactions: jb
Otto Du Plessis
1000092599.jpg

1000092598.jpg
1000092600.jpg
 
Top