Vir eers is daar nie veel meer om te sê nie. Thanks aan Veltie vir 'n great idee, en hom en Blommie wat sulke gawe gashere is. Neem dit weg en dit sal maar 'n saai kuiertjie wees.
Lekker gewees om die ou gesigte weer te sien en nuwes te ontmoet. :3some:
Thanks vir al die gawe comments op die RR :thumleft: Mens skryf dit om 'n rekord te hê van jou avonture en vir my laat dit die ry weer ervaar. Die wat weet, weet dis harde werk om 'n RR te skryf, en waardering daarvoor gee aansporing. Ek het lanklaas 'n RR gedoen en het lekker geskryf aan die een.
Ek doen min solo trips deesdae, meestal van die risiko oogpunt, maar het net 'n gevoel gehad om alleen by myself te wees en ry. Die trip was alles wat ek wou hê dit moet wees.
Sien julle volgende week :thumleft: