Ompad Sutherland toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Straddle

Race Dog
Joined
Jan 7, 2013
Messages
759
Reaction score
1
Bike
KTM 1290 Adventure R
Dit begin alles by n sms wat se "Wat maak jy die naweek, kom ons ry gou Sutherland toe". So gese so gemaak en gou gou is daar 5 geesdriftige KTM's oppad. Die manne is as volg: Piet Pompies KTM 640: Eric KTM 690: Lionell KTM 990: Williezombie KTM 990 en dan natuurlik myself KTM 990 R. Daar word natuurlik ook n Coolerbox voertuig saamgeneem net vir die wis en die onwis. Saterdag vroeg bymekaar en eerste stop is die padstal in Montagu vir ontbyt. Op die koop toe word ons vermaak met Live Music.
 

Attachments

  • IMG_0993.JPG
    IMG_0993.JPG
    297.9 KB
  • IMG_0989.JPG
    IMG_0989.JPG
    269.4 KB
  • IMG_0992.JPG
    IMG_0992.JPG
    295.4 KB
  • IMG_0990.JPG
    IMG_0990.JPG
    286.9 KB
Uit Montagu oor ouberg pas met die driffies wat almal water inhet na die onlangse verspoelings. Ons draai toe links touwsriviers se kante toe met die gedagte om net na Anysberg regs te draai in die ringting van Laingsburg. Hierdie stukkie pad wat in die verlede redelik gemaklik gery het, het intussen verander met driffies vol water en sandstukke wat die 990's se suspensie toets. Myself en Williezombie het natuurlik pillions en myne bedien my redelik met raad en dreigemente elke keer as ons n driffie nader. Dit is Lionell se eerste trippie op die 990 en hy koop toe dadelik n plasie waar ek oomblikke vantevore ook amper geval het. Die man lyk natuurlik asof hy elke dag val want die val, rol, opstaan, bike optel en aanry is een gladde beweging.
 

Attachments

  • IMG_0965.JPG
    IMG_0965.JPG
    346 KB
  • IMG_0964.JPG
    IMG_0964.JPG
    367.6 KB
  • IMG_0966.JPG
    IMG_0966.JPG
    316.2 KB
Die pad oor Elandskloof Varsbokkraal se kant toe is gesluit en ons moet toe al die pad Touwsrivier toe en toe N1 langs tot waar ons regs kon afdraai op die grondpad suid van Matjiesfontein verby. Ook hierdie pad se driffies het genoeg water in om af te koel met die deurryslag. Hier word gedreig om te braai maar daarteen besluit en deurgedruk Laingsburg toe om die nodige brandstof te koop vir mens en masjien
 

Attachments

  • IMG_0967.JPG
    IMG_0967.JPG
    299.8 KB
  • IMG_0968.JPG
    IMG_0968.JPG
    415.4 KB
  • IMG_0970.JPG
    IMG_0970.JPG
    315.2 KB
  • IMG_0971.JPG
    IMG_0971.JPG
    244.8 KB
Vanaf Laingsburg kies on koers moordenaarskaroo in en ignoreer die pad gesluit bordjie. Hierdie stuk pad is erg verspoel met sanddriwwe wat weereens vir n hele paar benoude oomblikke sorg maar nie eers Lionell val nie. Die sononder en die afstand word onderskat en ons kom bo op Komsberg aan met die son wat nou heeltemal onder is. Met die donker valleie onder en die laaste rooi gloed van die son asook n sekelmaan is hierdie n prentjie wat avontuurfietsry weer die moeite werd maak. Die laaste 30 kilometer grondpad word in donkerte afgele en toe hardloop n steenbokkie voor een van die fietse in. Dit is na halfnege wat ons by Die Sutherland Hotel aankom maar die gasvryheid en skaapkerrie laat almal gou vergeet van die dag se noue ontkominge. Van die dreigemente om die kroeg leeg te drink kom ook niks van nie en kort voor lank slaap almal.
 

Attachments

  • IMG_0974.JPG
    IMG_0974.JPG
    199.6 KB
  • IMG_0977.JPG
    IMG_0977.JPG
    202.5 KB
  • IMG_0975.JPG
    IMG_0975.JPG
    360 KB
  • IMG_0976.JPG
    IMG_0976.JPG
    240.1 KB
  • IMG_0973.JPG
    IMG_0973.JPG
    355.7 KB
  • IMG_0972.JPG
    IMG_0972.JPG
    251.1 KB
  "My pillion bedien my redelik met raad en dreigemente elke keer as ons n driffie nader".........baie mooi gestel! :imaposer:
 
2StrokeDan said:
  "My pillion bedien my redelik met raad en dreigemente elke keer as ons n driffie nader".........baie mooi gestel! :imaposer:

:laughing4:  Ja, dit is baie mooi gestel.  Ek het darem al self so keer of wat in vreemde tale gepraat deur sulke driffies. 

Nietemin, dit lyk heerlik.  Hopenlik is ons binnekort in daardie omgewing. 
 
2StrokeDan said:
  "My pillion bedien my redelik met raad en dreigemente elke keer as ons n driffie nader".........baie mooi gestel! :imaposer:

julle is nog gelukkig met gratis advies, ek kry sommer net 'n deeglike opstopper in die ribbes
 
Sondag word daar veel later opgestaan as beplan en na n heerlike ontbyt stop ons eers by die supermark vir n braaidingetjie by die pad stal. Op pad ouberg toe word ons "gebuzz" deur n enorme arend. Aan die bokant van ouberg bedien ons eers raad aan twee pare duitse toeriste wat sit en kaas eet en wyn drink. Op pad af teen ouberg wat nogal erg verspoel is besluit die KTM se agterrem om nie te werk nie wat ly tot n swetende trip tot onder. Die pas is baie los en die verspoelings is met groterige klip toeggegooi wat dit redelik interessant maak. Onder in die Tankwa word daar toe eers gehergroeppeer en onderbroeke uitgespoel.
 

Attachments

  • IMG_0979.JPG
    IMG_0979.JPG
    314 KB
  • IMG_0981.JPG
    IMG_0981.JPG
    336.4 KB
  • IMG_0982.JPG
    IMG_0982.JPG
    331.7 KB
  • IMG_0984.JPG
    IMG_0984.JPG
    363.2 KB
  • IMG_0985.JPG
    IMG_0985.JPG
    369.6 KB
Lem said:
2StrokeDan said:
  "My pillion bedien my redelik met raad en dreigemente elke keer as ons n driffie nader".........baie mooi gestel! :imaposer:

julle is nog gelukkig met gratis advies, ek kry sommer net 'n deeglike opstopper in die ribbes
Ek het net niks genoem van die opstoppers nie. My helmet dien n tweeledige doel as Stroedle saamry
 
Straddle said:
Lem said:
2StrokeDan said:
  "My pillion bedien my redelik met raad en dreigemente elke keer as ons n driffie nader".........baie mooi gestel! :imaposer:

julle is nog gelukkig met gratis advies, ek kry sommer net 'n deeglike opstopper in die ribbes
Ek het net niks genoem van die opstoppers nie. My helmet dien n tweeledige doel as Stroedle saamry

Daar is goeie rede om nooit helmet comms in te sit nie.

Mooi verslag.  :thumleft: -
 
Nou is dit n smooth ride tot by die padstal, of so het ons gedink, want Lionell besluit toe weer om in die stof te rol. Ekself kies kortpad deur die doringbome met die gedagte om die throttle oop te hou in sand en nie te draai nie. Nieteenstaande kom almal heelhuids by die padstal uit waar die tankwa splashpool benut word tot iemand erken hy het in die water gepiepie. Na n worsbraai van formaat val ons in die pad huistoe maar kort voor lank ry die ou culprit weer sy bike stukkend deur n pothole. Daar word n eenmalige besluit geneem dat Lionell se bike verder op die treiler ry en ook Piet Pompies se 640 as gevolg van die gebrek van nommerplate en lisensieskyf. Hulle hou toe maar die coolerbox geselskap agter op die bakkie tot by die huis. 840 km en n onvergeetlike trip. Las maar asb aan manne
 

Attachments

  • IMG_0994.JPG
    IMG_0994.JPG
    329.9 KB
  • IMG_0995.JPG
    IMG_0995.JPG
    252.7 KB
  • IMG_0996.JPG
    IMG_0996.JPG
    261.3 KB
  • IMG_0998.JPG
    IMG_0998.JPG
    357.1 KB
  • IMG_0999.JPG
    IMG_0999.JPG
    382.5 KB
Is dit een pothole wat albei daai rims so geslaan het?!! :eek7:
 
chrisL said:
Is dit een pothole wat albei daai rims so geslaan het?!! :eek7:
een pothole, leer n mens om nie in n bakkie se stof te ry nie
 
Kuifie said:
Eendag as ek groot is ry ek saam  :thumleft:
Nice report
Ry saam volgende keer ons almal moet nog grootword. Onse safety officer het sy hande vol gehad
 
Het self so twee weke gelede daar deur gery en lekker gesweet op die Transalp. Straddle jy vertel dit so komies dit klink skoon lekker om op die pad rond te rol  :lol8:

Julle was voorwaar 'n klomp  karraktervolle mense saam.  :3some:
 
Flatout said:
Het self so twee weke gelede daar deur gery en lekker gesweet op die Transalp. Straddle jy vertel dit so komies dit klink skoon lekkker om op die pad rond te rol  :lol8:

Julle was voorwaar 'n klomp  karraktervolle mense saam.  :3some:
Hi Sakkie, jy weet mos party van my maters het partykeer te veel karakter, maar ons bly lief vir hulle
 
Top