CRADOCK HIER KOM ONS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
11,825
Reaction score
2,026
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
KING WILLIAM’S TOWN / CRADOCK AREA

Ek het lanklaas ‘n RR gedoen, dit vat ‘n helse klomp tyd in beslag en is baie werk om die bedryf aanmekaar te slaan om uiteindelik by die eindproduk te kom, maar tyd had ek nou, so laat ek maar weer probeer. Die sal seker eerder ‘n foto verslag wees, daar’s hordes foto’s.

Die trippie moes al so 4/5 weke terug gebeur het maar dinge gebeur en ons moes uitstel. Laas week toe besluit ek en die vrou skielik die komende naweek sal die tyd wees vir die trip wat moes. Ons goed was eintlik reeds gepak en/of reg om gepak te word, die roete was al uitgewerk, so dit was net ‘n kwessie van om als bymekaar te bring en ons was reg vir die naweek se trip.

Dag 1

Die roete is van ons dorpie, King William’s Town (nou loop sy naam blykbaar Qonce) so paar kilos teerpad tot by Fort Beaufort, daar slaan ons heelpad grondpad deur Mpofu Natuur reservaat tot by die T-aansluiting met die Post Retief pad (regs verby ou Piet Retief se ou plaas voordat hy die pad gevat het met die Groot Trek) tot by die Post Retief se Klubhuis, daar split die pad, regs gaan jy Katberg toe, ons gaan links op ‘n pad wat ons jare terug gery het, totdat die pad weer aansluit by die R344, dis die hoof grondpad tussen Adelaide en Tarkastad. Hier draai ons regs en ry op die R344 tot by Tarkastad, ons bly op die agter grondpad vanaf Tarka tot by Cradock, sovêr ek weet het die pad nie ‘n nommer nie, maar hy loop verby Kommandodrift dam en later Lake Arthur, mooi stukkie pad waar jy die carbs so bietjie skoon kan maak. Ons het ‘n lekker kampplek geboek by Peperboom Kamp so 12km Noord Noord Oos van Cradock op die Hofmeyer pad. Ons sal hier bly vir die volgende twee aande.

Die kaart van die dag se roete, gemerk in blou.

1.jpg
 
Top