CRADOCK HIER KOM ONS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Nou gaan ons klim.

vlcsnap-00095.jpg


vlcsnap-00096.png


vlcsnap-00097.png


vlcsnap-00098.jpg


vlcsnap-00098.png


Bo-oor die pas die ander kant af na ons brunch spot.

vlcsnap-00100.jpg
vlcsnap-00103.png


vlcsnap-00105.png


vlcsnap-00108.png
 
VA het jy nog nooit jou lisence disk verloor daar waar hy sit naby jou regter peg?
 
Daai pad oor na Pearston vanaf is Cradock oor Swaershoek is spesiaal. Daar op die knop met die seltoring regs het ek seker die meeste slotte op een ketting op n hek getel eendag!! Dink dit was 13 slotte. :oops:
 
Gou Cradock in en so bietjie voorraad gekoop en terug kamp toe. Daai aand toe kom die wind op en bring 'n vieslike koue saam met hom, in die somer nogals. Dit het so koud geraak ons het binne die tent geëet. Dit het egter nie 'n demper gesit op 'n uitstekende dag uit op die m/fietse nie. Ons was tevrede en het met 'n rustige hart gaan slaap.

vlcsnap-00136.jpg


vlcsnap-00137.jpg
 
VA het jy nog nooit jou lisence disk verloor daar waar hy sit naby jou regter peg?
Nog nooit, ek ry mos ordentlik. ;)

Daai pad oor na Pearston vanaf is Cradock oor Swaershoek is spesiaal. Daar op die knop met die seltoring regs het ek seker die meeste slotte op een ketting op n hek getel eendag!! Dink dit was 13 slotte. :oops:
Daai is korrek Chris, eenslag het 'n koedoe amper in ons vasgehardloop, maar ons het van Pearston se kant af gekom na Swaershoek, nog met die S10 daai tyd. :oops:
Die foto gekry.
P1060712.JPG
 
Ek geniet hierdie RR(y) Destyds ook van daai paaie gery en die natuurskoon bewonder.
 
DAG 3

Nou ja alle goeie goed moet seker ‘n einde hê.
Dis ons laaste dag en ons roete terug sou basies dieselfde roete wees as waarmee ons gekom het, maar daar was 'n stokkie voor gesteek.

Ek het deur die nag een helse verkoue of infeksie of iets opgedoen en omtrent niks geslaap nie. Ek het die een pil na die ander gepop net om beter te voel, maar niks het gehelp nie.
Vroegoggend was ek maar deur die stort en ‘n beker koffie probeer afsluk. Intussen het ons so stuk stuk beginne pak, maar ek was gedaan en het net pap gevoel. Einde ten laaste was ons darem klaar gepak en ma vra/sê ons moet maar eerder die korter teerpad roete huistoe ry. Ek was redelik verlig en summier saamgestem, aangesien ek so verk@k gevoel het en aan die ander kant was erge reent voorspel vir ‘n groot deel van ons roete terug,

So 9:30 vat ons die pad nadat ek nog redelik onder die prop was van al die pille. Om als te kroon het die wind ‘n hond uit ‘n bos gewaai, en sommer direk van voor af.

Nou as ons teerpad ry, dan ry ek gewoontlik voor om pas aan te gee. Ek hou mooi pas en ons ry so gemiddeld 115km/h, ma bly agter my, so amper in my slipstream. So vorder ons fluks, Bedford verby, toe Adelaide, hier stop ons gou vir bene rek en nog so pil of wat.

Ons vat weer die pad na Fort Beaufort en ek kom agter ma ry nie meer in my slipstream nie, sy bly so effe verder terug as voorheen. Ons is deur Fort Beaufort na Alice. Nou sien ek ma raak verder agter, ek verminder so effe spoed maar sien sy hou net nie by nie. Ek stop soos ek Alice inkom en wag vir haar. Toe sy by my stop sê sy die m/fiets voel asof sy nie krag het nie, sy loop nie soos voorheen en nou dat sy tot ‘n stilstand kom toe voel sy die agterkant hop so effe. Ek kyk en sien die agterwiel is pap, toe ek verder kyk toe sien ek die valve is ook sommer weg.

Ons trek in by die petrolstasie hier by ons. Ek haal gou die agterwiel af en ma sien daar is ‘n “emergency tyre repair shop” aan die ander kant. Baie verlig vat ek die rim en nuuf tube na die "emergency" manne, hulle stoei maar kry darem die nuwe tube in.

Kort voor lank toe is die wiel weer op en daar gaat ons, die keer hou sy by en sy sit weer op my gat.

Ons het sonder verdere voorvalle darem veilig by die huis uitgekom, in een stuk by die huis aangekom, met baie wind en so effense reentjie op die pad.

So lyk ‘n tube wat ek skat ten minste 20km, pap gery is, ons moes ‘n tang gebruik om aan die tube te vat en uit te kry, hy was net te warm gewees om met die kaal hande te hanteer, hy het amper gekook daarbinne.


EDIT: Vergeet om te noem daai is 'n heavy duty tube.

vlcsnap-00200.jpg


vlcsnap-00201.jpg


vlcsnap-00202.jpg
vlcsnap-00204.jpg
 
Last edited:
Dankie VA dit was n gawe RR dankie vir die deel. 👏 Jou liksens sit nog daar ,maar lyk my die slipstreamvanger sn is weg?
Dankie Chris, ja daai houer is moeftoe, net nog nooit vervang nie, alhoewel ek een hier het. 😬
 
Visa Arend ... enige drama gehad in daai omgewing (trip) met hekke wat die boere sluit ?
Niks op die roete nie, nie eens 'n hek om oop te maak nie.

Daar is wel, in die omgewing, ander paaie wat hekke het, en sommer baie, wat oopgemaak en toe-gemaak moet word, maar hulle is nie gesluit nie. En dan hier en daar 'n "boom-gate", maar daar druk jy net 'n knoppie en gaat in.
 

Latest posts

Top