Deon/Louis, as jul parte van buite gaan inbring sal ek join. Ek het 'n Dax met 1200km op. Ek soek x4 oorspronklike indicator lense en daai "curved/spring loaded washer" op die petrol kraantjie.. sal posgeld deel..
Was weer vir my lekker nadat ek 6jr terug op Koës was.. ook geen wonder Bob se GPS draad het gekalf, op elke foto staan en karring die man aan die ding.. jissie, die ou trek nou oud. Uncle Vis, waar het jul heel nwk weggekruip??
Ons slaap seker êrens Kakamas rond Don aand, dan hol ons D205, D565, D622 op rigting Aroab... glo jul gaan voor ons wees maar sal jul sien daar.. Koop jy vir ons murgbene langs pad??
Dit sal lekker wees om die Arende 'n slag weer te sien. My plan is om Donderdag oggend hier in Riebeek te ry, so lekker grondpaaie op gooi daai rigting. Behoort Vrydag middag daar te wees..
Kaboef, jy gaan my nou nie glo nie, maar die 1ste keer wat ek by BikeX was was Cocster ook daar ek ek het ook 1h30 daai na-nag by die kroeg 'n KTM50 vir my klong gekoop, maar darem by 'n mede-biker, die prys was toe eers reg.. :laughing4: :imaposer: