3-dag rit met Graaff-Reinet as middelpunt - voorstelle benodig asseblief

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,345
Reaction score
3,971
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
Ek gaan 29 April vir 'n atroskopie op my knie en sal heelwaarskynlik vir 'n klompie weke daarna nie kan fiets ry nie.  Ter voorbereiding daarvan en om te keer dat ek nie vergeet aan watter kant die koppelaar en watter kant die voorbriek is nie, wil ek so 'n kort 3-dag rit erens heen ry.

Ek soek so 'n paar voorstelle van die ouens wat so baie gatskuur.  Iets interessant of anders of geskiedkundig of sommer net 'n mooi roete, sirkel of watookal.  Sal lekker wees om langs 'n dam of rivier te gaan kamp aangesien dit nou hier by ons so droog is.

Ek hoor graag van die manne wat weet.
 
Top