Die storie van Laumé se ongeluk het my nogal diep geruk en by gebly en God het dit erg op my hart gelê en ek het vir meeste van die dag baie met Hom gepraat oor dit, en tussen die trane deur bly bid oor haar. My ervaring was dat Hy nog groot planne met haar lewe het. By tye so in die ry het ek net God se lewende waters, genesing, asem oor haar gespreek, en daar op die pad tussen Hutchinson en Richmond het ek vir n ruk net oor en oor gesê "lewe, lewe, lewe".
Die volgende oomblik stop ek by die teerpad t-aansluiting, en reg oorkant my is die volgende...
Ek dien n LEWENDE, liefdevolle, getroue, Heilige God.
In die week het ek met Laumé se ouers kontak gemaak en dit met hulle gedeel, en haar ma het toe net vroeer die oggend n soortgelyke boodskap van lewe vanaf iemand anders gekry.
As jy nie glo nie is dit okay. Ek het ook nie al die antwoorde op die kritieke vrae wat sommige sal hê nie - as jy laasgenoemde kommentaar wil lewer pm my asseblief privaat.