n Lekker "rustige" 3 dag Amageza deur die Karoo...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 19, 2019
Messages
1,238
Reaction score
819
Location
Cape Town
Bike
KTM 950 Adventure S
Nee, dis dalk misleidend
Daar is min rustig aan drie 12+ uur dae en 1800km op die (seker 70% grond-) pad nie.
Solo
Op n thumper
Wild camping

Dalk eerder "vreedsaam" (for my English friends - this does not mean to eat like a pig with someone else, so read "peaceful")
Of gees en siel genesend.

Dit het só begin:
Ek en Tiaan het voor Paasnaweek n lekker 4 dag rit van die Kaap af Baviaans toe gedoen, en van daar af het ek nie weer my been oor n saal gegooi tot Desember nie.
Intussen het ek n lae km XChallenge raak geloop, die Touratech tenk, bashplate en pannier rak, en my "custom" touring screen op die nuwe fiets oorgedra, en haar Badger II gedoop.
n Vinnige dag rit deur die Swartland, gevolg deur n 2 dag rit Korentepoort dam toe was net genoeg om weer iets in my wakker te maak laat in Desember.
Die vakansie was goed, maar "besig" met mense.
Toe ons dus 4 Januarie met die 1ste projek vir 2024 begin besluit ek dat ek wel nog n ordentlike tydjie alleen nodig het, maar die 4 dae wat ek in gedagte gehad het kon net nie inpas nie, so 3 dae moes dus die ding doen.
Ek wou egter nie te veel van my oorspronklike rit afsny nie, en ek hou mos van lang ure op my fiets, so ek het net so rofweg vinnig beplan.

Badger II het n vol diens gekry, en ek het inderhaas Dinsdag aand meeste van my goed gepak.
Woensdag oggend moes die laaste goed nog bymekaar kom en die fiets gelaai word, so ek kon eers 8am in die pad val.
 
Top