Dag 2 - jip, dis nou die afrikaanse manne se beurt ;D
Lekker geslaap - ten dele gehelp deur Tiaan se klein blou-lig-muskiet-zapper mcgafter wat die honger mozzies tot die dood veroordeel het deur die nag
Elk geval, ons het eers laat uit die bed gekom en rustig gesels, geeet en gepak. Seker so 8:10 uit die erf gerol, waarna ek eers vir Tiaan die dorp wou wys aangesien ons die vorige aand nie veel kon sien nie. Saterdag se spits verkeer was reeds in volle swang en oppad het ons vriendelik gegroet vir die seun en dogter wat op n trapfiets in die hoofstraat gery het. Die ander siele in die straat was so n klein troppie boerbokke wat op hul agterpote aant kou aan n boom se peule was.
Merweville het n fantasties mooi kerk! Laat my dink aan n kleiner weergawe van Graaff-Reinet se moederkerk, en vir n kleeeeiiiiin dorpie soos die is dit sowaar indrukwekkend en met die manier waarop daai plek met klip aanmekaar gesit is gaan hy nog 200 jaar van nou af seker nog staan.
Tiaan wou ook nog gou daai agterband effens harder pomp, maar siende dat die enkele vulstasie op die dorp teen 8:30 op n Saterdag nog nie oop is nie (moet dus nie verwag om bv 7am gou jou fiets petrol te wil gee voor jy ry nie) het ek weer my handpompie ingespan om daai band op 2 bar te kry.
Terloops, my Oom vertel toe ewe in sy noppies die vorige aand vir ons dat helfte van die pad plaas toe (dus so 26km) nou "mooi" is aangesien hy besig is om dit self weer te skraap. Nou dit wil ook gedoen wees, want my Oom is 79 (goeie heng, ek het eers gedink hy is 70 :imaposer: :thumleft
, die skraper seker omtrent ook en sy oliepomp (gelukkig nie my Oom sn nie) het al weer gebreek nadat my neef die splines al vir die hoeveelste moes reg sweis. Wou dit nie hardop se nie, maar ek was baie verlig om te hoor die pad is nog nie klaar geskraap nie - daai spesifieke stukkie pad is hemel op aarde op n motorfiets of bergfiets (vir die manne wat nog fiks is), maar met n bakkie sal die 56km jou gewoonlik so 1h50min vat, met die 7 tot 9 toe hekke ook nog. Ek was mos hoeka nou nie lus vir n mooi pad nie meen ek.
Hier moet ek nou net gou remme aanslaan - jammer manne, van die 7-9 hekke wat gewoonlik toe is is ten minste 1 en soms 2 gesluit omdat die boere ook hier en daar probleme gehad het met vee diefstal en 4x4ers wat sommer by die chalets en lapa op die een plaas gaan kamp opslaan omdat hulle glo hulle kan sommer net. Nogal baie dieselfde mentaliteit tussen daai 2 groepe nou dat ek daaraan dink. Ek los dit maar daar...
Gelukkig is ek mos in die familie en gewapen met die sleutels is ons toe Merweville uit.
Manne, dit is droog rondom Merweville - regtig droog!! Ek praat onder korreksie, maar as ek reg verstaan het dele daar van April die jaar tot nou slegs so 17mm reen gehad, en die veld op plekke lyk so. Baie hartseer om te sien en opmerkbaar hoe min lewe mens in die veld sien, veral nie skape nie.
Maar tussen in is daar in die vaal en doodsheid die pragtigste blomme
(Ek voeg more weer die fotos by en skryf aan)