5 Karoo's, 4 punctures, 6 bike drops and the Overberg - 1300km in 3 days

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
of his life around these parts and was totally lost when I mentioned going down Rammelshoek - to the locals that is Rooihoogte.

True that we had a client that owned a farm just below the pass. He had no idea where Rammelkoppass is.
 
Netso Chrisl

Ek is deur Jan Victor vertel dis Rooihoogte. Hy het daar grootgeword. Hulle het bo en onder die pas skaap geboer.

Mountain passes beskryf dit a Rammelkop
 
Dag 2 - jip, dis nou die afrikaanse manne se beurt  ;D

Lekker geslaap - ten dele gehelp deur Tiaan se klein blou-lig-muskiet-zapper mcgafter wat die honger mozzies tot die dood veroordeel het deur die nag

Elk geval, ons het eers laat uit die bed gekom en rustig gesels, geeet en gepak.  Seker so 8:10 uit die erf gerol, waarna ek eers vir Tiaan die dorp wou wys aangesien ons die vorige aand nie veel kon sien nie. Saterdag se spits verkeer was reeds in volle swang en oppad het ons vriendelik gegroet vir die seun en dogter wat op n trapfiets in die hoofstraat gery het.  Die ander siele in die straat was so n klein troppie boerbokke wat op hul agterpote aant kou aan n boom se peule was.

Merweville het n fantasties mooi kerk!  Laat my dink aan n kleiner weergawe van Graaff-Reinet se moederkerk, en vir n kleeeeiiiiin dorpie soos die is dit sowaar indrukwekkend en met die manier waarop daai plek met klip aanmekaar gesit is gaan hy nog 200 jaar van nou af seker nog staan.

Tiaan wou ook nog gou daai agterband effens harder pomp, maar siende dat die enkele vulstasie op die dorp teen 8:30 op n Saterdag nog nie oop is nie (moet dus nie verwag om bv 7am gou jou fiets petrol te wil gee voor jy ry nie) het ek weer my handpompie ingespan om daai band op 2 bar te kry.

Terloops, my Oom vertel toe ewe in sy noppies die vorige aand vir ons dat helfte van die pad plaas toe (dus so 26km) nou "mooi" is aangesien hy besig is om dit self weer te skraap.  Nou dit wil ook gedoen wees, want my Oom is 79 (goeie heng, ek het eers gedink hy is 70  :imaposer: :thumleft:) , die skraper seker omtrent ook en sy oliepomp (gelukkig nie my Oom sn nie) het al weer gebreek nadat my neef die splines al vir die hoeveelste moes reg sweis.  Wou dit nie hardop se nie, maar ek was baie verlig om te hoor die pad is nog nie klaar geskraap nie - daai spesifieke stukkie pad is hemel op aarde op n motorfiets of bergfiets (vir die manne wat nog fiks is), maar met n bakkie sal die 56km jou gewoonlik so 1h50min vat, met die 7 tot 9 toe hekke ook nog.  Ek was mos hoeka nou nie lus vir n mooi pad nie meen ek.
Hier moet ek nou net gou remme aanslaan - jammer manne, van die 7-9 hekke wat gewoonlik toe is is ten minste 1 en soms 2 gesluit omdat die boere ook hier en daar probleme gehad het met vee diefstal en 4x4ers wat sommer by die chalets en lapa op die een plaas gaan kamp opslaan omdat hulle glo hulle kan sommer net.  Nogal baie dieselfde mentaliteit tussen daai 2 groepe nou dat ek daaraan dink.  Ek los dit maar daar...
Gelukkig is ek mos in die familie en gewapen met die sleutels is ons toe Merweville uit.

Manne, dit is droog rondom Merweville - regtig droog!!  Ek praat onder korreksie, maar as ek reg verstaan het dele daar van April die jaar tot nou slegs so 17mm reen gehad, en die veld op plekke lyk so.  Baie hartseer om te sien en opmerkbaar hoe min lewe mens in die veld sien, veral nie skape nie.
Maar tussen in is daar in die vaal en doodsheid die pragtigste blomme

(Ek voeg more weer die fotos by en skryf aan)
 

Attachments

  • IMG-20201026-WA0023.jpg
    IMG-20201026-WA0023.jpg
    74.5 KB
  • Day 2 route.jpg
    Day 2 route.jpg
    124.7 KB
  • GOPR6359.jpg
    GOPR6359.jpg
    84.4 KB
  • G0010735.JPG
    G0010735.JPG
    53.9 KB
  • IMG_20201026_100821.jpg
    IMG_20201026_100821.jpg
    83.9 KB
  • IMG-20201101-WA0013.jpg
    IMG-20201101-WA0013.jpg
    369.5 KB
  • IMG_20201024_074829.jpg
    IMG_20201024_074829.jpg
    97.2 KB
van die Rantepad plaas toe

Ek is nou verdwaal, die rantepad is mos tussen Sutherland en Frazerburg?
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
van die Rantepad plaas toe

Ek is nou verdwaal, die rantepad is mos tussen Sutherland en Frazerburg?

Chris, moet nou nie n goeie storie met feite omdolwe nie  :p :lol8:  Maar jy's heeltemal reg ja - ek gaan gou moet uitvind wat daai stukkie pad genoem word, anders gee ek hom sommer n naam...
Ek moet nog daai Rantepad met n bike gaan ry - hom nog net met die motor gevat lank terug.  Rhenostervallei net daar bo op die Nuweveldsberg is n lekker gaste plaas as mens bly plek soek daar rond terloops
 
Dankie vir die deel sover, dit klink omtrent asof julle 'n lekker avontuur gehad het. Ek wag in spanning vir die res  :thumleft:
 
MildlyWild said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
van die Rantepad plaas toe

Ek is nou verdwaal, die rantepad is mos tussen Sutherland en Frazerburg?

Chris, moet nou nie n goeie storie met feite omdolwe nie  :p :lol8:  Maar jy's heeltemal reg ja - ek gaan gou moet uitvind wat daai stukkie pad genoem word, anders gee ek hom sommer n naam...
Ek moet nog daai Rantepad met n bike gaan ry - hom nog net met die motor gevat lank terug.  Rhenostervallei net daar bo op die Nuweveldsberg is n lekker gaste plaas as mens bly plek soek daar rond terloops
Ek dink as daai baie hekke was kon julle dalk op die Banksgate pad gewees het? ???
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
MildlyWild said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
van die Rantepad plaas toe

Ek is nou verdwaal, die rantepad is mos tussen Sutherland en Frazerburg?

Chris, moet nou nie n goeie storie met feite omdolwe nie  :p :lol8:  Maar jy's heeltemal reg ja - ek gaan gou moet uitvind wat daai stukkie pad genoem word, anders gee ek hom sommer n naam...
Ek moet nog daai Rantepad met n bike gaan ry - hom nog net met die motor gevat lank terug.  Rhenostervallei net daar bo op die Nuweveldsberg is n lekker gaste plaas as mens bly plek soek daar rond terloops
Ek dink as daai baie hekke was kon julle dalk op die Banksgate pad gewees het? ???

Einste so. Banksgate is n lushof met al die reen wat daar geval het
 
met eish said:
Jy vat die trippie lekker raak ,
copy en paste van die passe  :thumleft:

Kan so maak - in watter vorm soek jy?

Teen einde van dag 1 het al 8 passe deur gewerk - ek loooooooooovvvvvvvvve passe
 
Net gou n paar korreksies, verklarings en verduidelikinge.

Ek besef toe nou na ChrisL my so mooi aan die verkeerde pad naam herinner dat selfs my opskrif verkeerd was ::)
5 Karoo's ipv 4 as ek dit nou reg het. Eers is ons deur die Tankwa Karoo, waar ons toe op die plato bo Ouberg pas in die Groot Karoo ingery het.  Merweville le weer aan die ver westekant van die Koup soos hulle hom roep - dus 3 sover.

Dan het Tiaan my ewe mooi ook kom herinner dat ek vroeer die dag al my fiets n 2de keer omgegooi het :lol8:  Dis nou terwyl ons oppad was na die verlate plaas huis om daai 1ste pap wiel reg te maak, toe ry ons so saggies met die bietjie opgepompte agterwiel, en met die saggies ry en omkyk omkyk of Tiaan kom vang ek toe mos so n lekker diep riviersand lopie en kantel net daar om.  Wou nog probeer om die fiets vinnig regop tekry en net nonchalant teen dit leun sodat Tiaan nie sien nie, maar ek was te laat :imaposer:  Hierdie sou toe n tema raak smaak my...  6 omvalle ook dus
 
No matter the pure correctness of pass names and stats on dives, you write a  great report which I enjoy 😉
 
Die stukkie pad Karelskraal toe, wat dan nou eintlik deel van die plaas Kromkolk is is mooi. En lekker om te ry. Baie lekker. Maar ons ry hom rustig om die oopte en vars lug en berge n goeie kans te gee om diep in ons siel in te week en so ongemerk goed in mens se kop te kom uitstryk wat mens nie eers altyd besef so sleg gekreukel is nie.
Tiaan het skoon liries geraak en dit het vir my vir lang dele geklink of hy nie met my is nie, al was hy net daar voor my.  Dis soms goed so.
Elk geval - die hekke.  Kyk, ek het nie n probleem met hekke nie, veral nie daai pad se hekke nie, want elke hek voel vir my dis nog 1 amptelike stappie nader aan eden (ok, daai wereld voel vir my so).  Met n trapfiets sou ek sommer so op spoed stop, fiets oortel, oorspring en daar gaat ek.  Met n bike of bakkie is dit n ander geoefende ritme van stop, neutral, oopmaak, inklim, deur ry, stop, neutral, toemaak, inklim of opklim en ry - geen probleem nie.  En ek en Tiaan het hom saam nog mooier gewerk.

Hoe nader mens aand die berge kom, dis nou die Nuwevelds berg reeks, hoe mooier en hoe groener raak dit - klink my die water het daar bo op Ouberg rondom Blesfontein se kant en hier al teen en op die berge rond ook redelik goed geval en dis mooi groen nou.
Het ek al genoem die pad ry lekker? So op en af oor rantjies en keerwalle, en deur driffies en om draaie en oor gruis-sand en los klippe en groter klippe.

Op Banksgate het ons gou gestop vir n lekker laat ontbyt, en al is dit nou n ander man se plaas ken ek darem vir ou Tenk wat daar bly en mooi kyk na die plek van kinder jare af en my Oom en neef sorg dat alles werk en reg is daar vir die eienaar.  Eendag is eendag, dan koop ek daai stukkie aarde terug....

So in die ry oppad nog het ek tot n mooi jong koedoe koeitjie gesien draf, en later weer die laaste oorblywende zebra van jare terug
 

Attachments

  • IMG_20201026_020542.jpg
    IMG_20201026_020542.jpg
    73.2 KB
  • GOPR6367.jpg
    GOPR6367.jpg
    68.6 KB
  • G0020756.JPG
    G0020756.JPG
    74.2 KB
Hier is toe nou waar die gruis-riviersand tema verder loop.
Ek ry toe mos weer so stadig (miskien moet ek maar eerder vinniger ry, maar dan verloor ek die siel uitstryk deel nou weer) en kyk vir die troppie springbokke so neffens die pad en met die 2de oor my skouer omkyk vang ek toe 1 van 2 stukkies rivier sand op daai pad, so mooi in die middel waar hy lekker diep is. Nou ja, van daar af was dit maar weer net reguit kant toe, van begin tot le binne so 3 meter.  Maar dit maak nie saak nie, behalwe dat ek kon voel my linker shin het erens iets gevang.
Tel op, klim op, maak n strap of 2 stywer en ry verder.  Tot ek na 2de wil oprat en hy wil nie, en terwyl ek nog so probeer en afkyk om te sien wat fout is vang ek toe mos die 2de stukkie gruis-rivier sand en daar le die fiets weer.  Kom toe agter ekt met die vorige omval my rat hefboom gebuig tot teen die enjin sodat dit nie kon opshift nie.

Ten minste is daai hefboom vol gate geboor sodat hy kon buig, want klink my die Xchallenges met sy oorspronklike hefboom was lief vir shafts breek.  Tiaan het dit sommer gou vir my terug gebuig, so geen skade nie.

 

Attachments

  • GOPR6369.jpg
    GOPR6369.jpg
    61.2 KB
  • G0020765.JPG
    G0020765.JPG
    64.6 KB
  • G0020751-1.jpg
    G0020751-1.jpg
    59.7 KB
Black_Hawk said:
Dankie vir die deel sover, dit klink omtrent asof julle 'n lekker avontuur gehad het. Ek wag in spanning vir die res  :thumleft:

Jis, dit was n fantastiese trippie - eintlik nogal lekker om dit self weer so te beleef soos ek skryf :)
 
Van hier ry ons nou oor na Karelskraal. Op die 1ste foto wys ek so rofweg in die rigting van Karelskraal pas wat nie so lank is nie, maar baie rowwer as Ouberg pas

Dalk gou so n bietjie geskiedenis vir die wat hou daarvan - vir die wat nie, los maar die volgende stukkie
Daai huisie staan al van voor die Anglo Boere Oorlog af, en net aan die bokant van Karelskraal pas le die bouval van een van 2 Engelse blokhuise wat hulle gebruik het om die boere se beweging te probeer beheer. In daardie tyd was daar n groot verskeidenheid vrugte bome in die tuin en een Sondag middag het 3 van die Engelse soldate af gekom om n klompie vrugte te pluk.  Die geraas het groot-groot-ouma onraad laat bespeur en sy het suutjies uit die huis gekom en ewe mooi een van die soldate in die boom met n klip teen sy oor gegooi, dat hy sommer uitgeval en net weggehol het saam met die ander 2.  Met sy geweer wat teen die boom stam bly staan :lol8: Volgende more was hy ewe bedees terug met n paar blikkies boeliebeef om sy geweer te kom haal, so almal van hulle was darem nie so erg nie.
So terloops ook - bo op die Nuwevelds berg langs die Rantepad is daar n amptelike Britse graf en gedenksteen waar 9 Engelse soldate begrawe is.  Vir die van julle wat oorweeg om te ry of te kamp waar jy nie moet nie, wees dus gewaarsku, veral as jy nog Ingels ook is... :nono:  ;D

My ma hulle het nog winter tyd af getrek na die huisie omdat dit warmer is daar onder en die veld dan ook beter was. Die Meester het dan by tye vir so 3 maande in n ander klip huisie daar kom bly om skool te gee.
Die ossewa is volgens my oupa se lank terug beraminge seker so van 1878 al daar.

 

Attachments

  • GOPR6372.jpg
    GOPR6372.jpg
    65.7 KB
  • IMG_20201026_020934.jpg
    IMG_20201026_020934.jpg
    87.5 KB
  • IMG_20201026_020852.jpg
    IMG_20201026_020852.jpg
    112.6 KB
  • IMG_20201026_021127.jpg
    IMG_20201026_021127.jpg
    83.3 KB
Dis nou aan die einste voet van Karelskraal pas dat Tiaan toe sy 2de stukkie grond hervorming toepas - sal nog met my neef verder moet onderhandel oor die presiese regte.
Toe hy die heel 1ste klim uit die driffie uit vat dink ek hy was dalk nie in die regte rat nie, want so halfpad uit, daar waar ons oor die jare al met n Audi 500e, Toyota Corolla en n hele paar ander karre al staan en skop het skop sy wiel toe ook onder hom uit en hy gaan le net daar en rus.  Die fiets elk geval.  Groot skade, want daar loop toe sommer so n straal vloeistof hier teen die kant van die wiel af - die hele 1L boksie melk in sy kant sak in sy maai geval ::)  Na die nodige foto dokumentasie moes ons gou die fiets agter uit loop tot onder en toe weer ry. 
Verder op is lekker steil en lekker los by dele, maar die uitsig van daar bo af is hemels. Van die fotos het ek hoeka sommer daar uit die blokhuis se klippe geneem
 

Attachments

  • G0020795.JPG
    G0020795.JPG
    70.7 KB
  • G0020751-2.jpg
    G0020751-2.jpg
    67.9 KB
  • GOPR6374.jpg
    GOPR6374.jpg
    88.5 KB
  • GOPR6374-1.jpg
    GOPR6374-1.jpg
    77.3 KB
  • GOPR6374-2.jpg
    GOPR6374-2.jpg
    88.1 KB
  • IMG_20201029_151435.jpg
    IMG_20201029_151435.jpg
    87.1 KB
  • IMG_20201030_152221.jpg
    IMG_20201030_152221.jpg
    54 KB

Latest posts

Top