Anysberg is die naweek op die spyskaart!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Weens ander se beplanning wat nie meer kan realiseer nie en ek en my buurman Fixer wat reeds gereed is om die naweek te gaan ry (klaar toestemming en verlof van die regering) het ons gister aand rondom 'n koue eenetjie gou vinnig besluit watter rigting ons die naweek ons voorwiele gaan instuur.

Die plan is om 07H30 te vertrek en dan deur Ceres te ry en die karoo pad te vat tot by Matjiesfontein dan maar die swartslang vat tot in Lainsburg. Vandaar wil ons deur die Anysberg reservaat gaan en dan gaan ons oorslaap in Montagu se karavaanpark.

Sondag-oggend wil ons weer deur die agterpaaie langs terug werk huis se kant toe.

Enige inligting van plekke wat moet besoek word en wat vermy moet word sal waardeer word. Dir roete is nie vas nie so ons kan aanpas waar nodig.

Indien iemand ook met 'n gevoel sit wat hy nie weet wat om die naweek te maak nie is welkom om saam te ry.
 
Top