Breede Bash Sat . dagtrippie .. CANCELLED

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,108
Reaction score
298
Bike
BMW R1200GS Adventure
Nou so ja die plan ons werk hom so .  Ons wil probeer om Sat. oggend 9 uur in Franshoek bymekaar te kom vir n lekker " scenic route " na die bash toe . Vir die mense wat al Vry. aand in die kamp op Worcester oorslaap is dit ook haalbaar om saam te ry as ons 8 uur van die kamp af vertek . Ons gaan nie probeer kilos opjaag nie , die idee is om die roete te geniet . Scenic beteken  , ry bietjie stadiger as gewoonlik .  :peepwall:

Van Villiersdorp se kant af ry ons  Franshoekpas  en  Helshoogte pas deur  na Skelmbos . Daarvandaan mik ons na Gordonsbaai  en Rooi Els , al teen die see langes  tot by  Kleinmond  vir n lekker brekkie by die hawe . Dan kies ons koers na Botrivier en daarvandaan ry ons darem bietjie grondpad  na  EKTOKNFIATTREKKER en OPERATOR se skaflike onthaal .  

Julle manne wat van die Kaap af ry Sat . , sluit aan by ons . Ons sal seker so by 4 uur rond by die kamp wees.   :thumleft:


 
Top