Brilliant service Donford - Thank you!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Zatopek

Pack Dog
Joined
Jan 25, 2010
Messages
280
Reaction score
0
Location
Paarl, Western Cape
Bike
BMW R1200GS
Ek het my fiets twee weke gelede ingeneem vir sy 30 000km diens by Donfords.
'n Paar dae later is ek terug om hom te gaan haal.
Toe hulle egter die fiets agter in die werkswinkel gaan haal sien hulle my screen het gebreek terwyl die fiets by hulle was.
Dit het gekraak van die skroefie wat dit vashou tot teen aan die kant - heeltemal stukkend.

Hulle het dadelik aangebied om dit vir my te vervang. Hulle het egter nie voorraad gehad nie en solank vir my 'n ou een opgesit vir die tussentyd. Ek vra toe of hulle nie vir my 'n ZTechnik screen kan opsit nie en dan betaal ek net die verskil tussen die twee pryse nie. (Ek het 'n Kappa high screen opgehad.)

Gister is ek terug om my nuwe screen te laat opsit. Toe hulle klaar is haal ek my beursie uit om hulle te betaal.
Hulle sê toe nee, daar is geen koste nie - die twee screens kos baie na aan die selfde.
Toe kry ek 'n splinternuwe screen heeltemal verniet!!!

Dankie Donford!

 
Top