Cassie met 'n geleende BMW GS! En Trails gery!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

cassiebotha

Race Dog
Joined
Nov 17, 2009
Messages
1,265
Reaction score
0
Location
George
Bike
Kawasaki KLX 400SR
Ek het hierdie vining aanmekaar geslaan!

Ek het baie respek gekry vir die BMW F650GS

https://www.cassierides.blogspot.com/2012/08/die-tak-wat-hang-maak-my-gs-skoon-bang.html
 
Lekke Cassie sal nou glad nie omgee om daar te gaan rond ry met die motorfiets nie lyk baie mooi. :thumleft:
 
Danie dit is ongelooflike paaie.  Mens kan hele dag rondry en so baie sien
Danie maar die gs is werklik baie indrukwekkende fiets
 
cassiebotha said:
Danie dit is ongelooflike paaie.  Mens kan hele dag rondry en so baie sien
Danie maar die gs is werklik baie indrukwekkende fiets

Cassie ek het jou al lankal gese jy moet een kry jy moes Betty gekoop het by Dusty
 
Lekker Cassie!!!!! Een van die dae staan daar 'n GS voor die huis  :laughing4: :laughing4:

Lyk na 'n leker dag wat jy gehad het.

Dankie vir die deel daarvan!! :thumleft:
 
Oom lonerunner ek sien nou hoekom julle bmws besit!  Kyk oom se gs is bulletproof! 
Daar sal beslis gs staan eendag by die voor deur

En die bike kan trails  beslis met gemak handhaaf
Asook mens voel glad nie die gewig nie
 
Lekker Cassie ,julle het darem lekker paaie daar in die Suidkaap . Ek voel alweer n trip aankom in daardie rigting .  :thumleft:
 
Bawhaha 2stroke dan.  Het die vorige aand by die active virgin die gs gevat en daarmee ge bench press
Na so Paar trekke was my gewrite Ongelooflik seer. 
 
Fenderbender ek wens ek kon die bike heeldag hou!  Daar was baie baie meer paaie wat die permit toegelaat her
 
Hallo Cassie!

Dis altyd lekker om n RR van jou te lees.  Net jammer jy is so skaars op die forum

Hoop jy kan eendag n GS van jou eie he.  :thumleft:
 
Dankie Cassie mooi geskryf en lekker gelees. Dit maak nie saak wat ons ry nie, ry bly maar altyd lekker.  :thumleft:
 
Dankie Cassie , lekker RR op jou blog , en mooi fotos. Ek sien jy neem sommer die GS deur modder, bosse en styl bergpaadjies op jou eerste date . :imaposer: Mooi so , dis mos hoe dit gedoen moet word . :mwink:

Dis baie waar wat jy hier se^: "En terwyl ek opry begin ek 'n ongelooflike groot respek ontwikkel vir die F650. Ek ry oor groot klippe en die fiets hou net aan ry. Nie eers my klein scrambler het die pad so goed hanteer soos die GS nie."

Ek stem , die GS'e , hulle ry sommer so van self, solank mens nie self veel inmeng met die bike nie . :biggrin:
 
Tiger8 dit is so waar.  Die buitelug en die natuur doen alles, asook die mense met wie jy saam gaan.

Dusty Rusty my groen bike is juis op pad om weer nuwe lewe in te kry, natuurlik kos dit 'n plaas se prys, maar dan is die avontuur weer daar.

Rynet ek het werklik baie baie respek gekry vir die GS.  Nie omdat ek nou 'n "grander" bike gery het nie, maar omdat ek daardie GS moes vat deur voetslaan paaie, sommige paaie was tot glad nie toeganklik nie. 

Vandat ek op die GS geklim het was daar dadelik 'n konneksie.  Baie baie makliker om te hanteer as wat ek gedink het.  En en later sleg vas gesit in moerasse modder met nogal voor en agtertyres wat net vir pad bedoel is.  En ek het nie bike eers neergesit nie. 

Die een nadeel is dat die bike werklik baie laag sit.  maar dit kan mens wel verander.  En een ding wat uitstekend gewerk het op die groot klipperige terrein is die bmw se centre gravity asook die direkte wegtrek spoed wat die bike gegee het wat baie gehelp het om oor klippe te ry.

Een ding wat die GS moet doen, is dit moet baie baie meer in 'n laer rat kan ry.  want die baie styl afdraandes het ek in 1ste rat afgery en ewe skielik vrek die bike dan lock die agterwiel op, net waar jy nie jou agterwiel gelock wou hê nie.  Gelukkig is die cluch daar!

Ek was nie eers moeg soos ek op my bike sou gewees het nie.

 
Mense wat wel die marathon trail running gedoen het, het verbasend my gevra hoe doen jy dit met so groot bike?

Wel miskien is mens se deursettings vermoë dalk die antwoord.  Mik na die eindpunt (soos ek met my deadline op tierkop moes wees om te help)--baie pressure op so saterdag more asook verdwaal nogal voordat ek die uintpunt kon maak) en enige motorfiets sal jou daar uitbring
 
Janee Cassie ,mense onderskat die BMW. Hy ry so lekker , en balanseer so lekker ook , en so lekker eerste gear , net jammer vir daari lae sump . !  :mwink:

En ja ek weet van min mense was sommer so met die eerste slag 'n GS op sulke paadjies sal vat . Braaf van jou  :thumleft:, mooi so en hoop jy kry een eendag  , maar moet nooit jou groen bike verkoop nie ,hy pas jou goed . :3some:
 
LOL Rynet.  nee daai bike gaan ek nog baie ry.  Ou bike maar hopelik noggie dood bike  :imaposer:
 
cassiebotha said:
LOL Rynet.  nee daai bike gaan ek nog baie ry.  Ou bike maar hopelik noggie dood bike  :imaposer:

LOL Mooi so Cassie . :3some:
 
Top