'n Draai in die Klein Karoo - terug Kaaptoe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
257
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
'n Draai in die Klein Karoo - terug Kaaptoe

Vroegoggend het ons in die pad geval.
Wat lekker was is dat ons nie 'n vertrektyd afgespreek het nie.
Iewers ná sonop was ons beide wakker en besluit om koffie te maak.
20231118_070000 Beskuit met sonop.jpg

Toe die paar beskuite gedaan was, het ons besef/besluit hier is niks verder te eet of te doen nie, kom pak op en ry. (fotograaf: Geo)

Vyf km teerpad uit Vleesbaai, toe verder grondpad via Cooper stasie tot in Herbertsdale waar ons brandstof volgemaak het.
Hierdie pad loop verby die Indalu wildplaas. Ons het 'n mooi troppie rooibokke gesien en selfs 'n renoster. Ongelukkig geen fotos want hulle was te veel versteek agter gras en plante.

20231118_085745 Herbertsdale.jpg

Paar kilometer buite Herbertsdale het ons afgedraai op grondpad DR01566, wat ons na Ruitersbos gaan neem.
_kaart Cooper na Ruitersbos.jpg


Dit is 'n mooi, wye pad. Hier en daar los klippies, af en toe steilerige plekke of skerp draaie
20231118_082600.jpg
20231118_083700 DSCN3512.JPG
20231118_090118.jpg
20231118_090709.jpg
20231118_092428.jpg


Brekfis by 8 Bells hotel/restaurant
20231118_101201 8 Bells.jpg


Hier het ons elkeen sy eie koers gekies - hy na PE en ek Kaaptoe

Heelbo in die lekker draaierige Robinson pas na Oudtshoorn
20231118_102500.jpg

Terugkyk suid na Mosselbaai se kant toe
20231118_102600 DSCN3521.JPG


Naby Oudshoorn het ek toevallig die afdraai na Bakenskraal gesien en besluit om 'n draai daar te gaan maak.
My oorlede Oupa was familie van die Le Roux familie wat destyds daar geboer het. Ek onthou dat ek 'n paar keer saam met my ouers die familie daar besoek het, en hoe ons as kinders die lang stoepe, mooi voordeur en groot kamers bewonder het. Vandag is dit 'n boetiek gastehuis. Baie mooi binne en buite.
20231118_105949.jpg

20231118_110050.jpg

Die kronkelende plaaspad loop al langs die Olifantsrivier. Die walle is ruig en mooi groen oral waar jy kyk.
20231118_111436 Bakenskraal Olifantsrivier.jpg

20231118_104900 DSCN3523.JPG


Op die R62 rigting Calitzdorp is die afdraai gemerk Lategansvlei.
Hier begin die pad waarvoor ek beplan het.
20231118_115000 Afdraai Lategansvlei.jpg

Kaart Ruitersbos na Calitzdorp.jpg


'n Baie wye en reguit grondpad het my lateraan in die omgewing van die Meulrivier gebring. Hier het 'n smal tweespoor begin, met 'n padteken wat my laat wonder het of ek moeilikheid kom soek het.
20231118_115228 Meulrivier begin.jpg

Dit kannie te erg wees nie, het ek gedink, en aangery.
Soos ek gery het, het ek besef hier is 'n baie besonder mooi en lekker stuk tweespoor.
20231118_115300.jpg

Nie een keer het ek 'n gevoel gekry van "waar-nou?" of "wat-nou!" nie.
Al die stormskade aan die driffies is herstel en die pad is lekker tweespoor.
Wat 'n plesier!
Ek mis ongelukkig 'n hele klomp fotos want my helmetkamera en ek het mekaar biki verkeerd verstaan.
:cry:
20231118_115609.jpg
20231118_121349.jpg

20231118_123150.jpg

20231118_122806.jpg


Hierdie pad sluit aan by 'n grondpad wat parallel aan die Swartberg loop.
Regs (oos) lei na die voet van die Swartbergpas.
Ek het links (wes) gedraai na Calitzdorp.
20231118_121835 Meulrivier uitgaan.jpg




By Kruisrivier draai mens weer regs na Calitzdorp.
20231118_123200 Kruisrivier DSCN3533.JPG


Weer 'n tweespoor om van te droom
20231118_123711.jpg


Hierdie deel van die pad is in goeie toestand met min tekens van verspoelings.
Dit is redelik smal, veral omdat die bosse van die kante af heelwat in die pad ingroei.
Seker stamperig vir 'n motor maar perfek vir ons tweewiele.
20231118_123752.jpg

Hiervandaan volg die een mooi omgewing na die ander.

Jy ry deur kort stukkies tuinroete en stukke oop veld tot klein passe langs rivierlope
20231118_125912.jpg

20231118_125829.jpg

20231118_130350.jpg


'n Mooi vista oor 'n plaas, met die indrukwekkende Swartberge daar agter
20231118_125200 Plaas en Swartberge DSCN3543.JPG


Ek het enkele voertuie en twee motorfietse op die pad gesien
20231118_130355.jpg


Naby Calitzdorp is die Calitzdorpdam, wat op die oomblik propvol is en oorloop.
20231118_131611.jpg


Die middedorp was 'n miernes van Saterdag-mense. Ek het 'n stil restaurant in die bo-dorp raakgeloop, vir 'n welkome rus voor ek die teerpad Kaaptoe aanpak.
20231118_133327.jpg

20231118_134020.jpg

20231118_133651.jpg


Hiervandaan neus in die wind op teerpad Kaaptoe
Die mooi Huisrivierpas
20231118_143500 DSCN3547.JPG


In Barrydale het ek by Country Pumpkin aangery vir iets om te drink.
Ek het skaars gestop, toe bring hulle vir my die tradisionele doppie soetwyn :D
20231118_154459 Country pumpkin soetwyn.jpg


Iewers halfpad Kaaptoe het ek hierdie gesien
20231118_170800 Drie windpompe DSCN3552.JPG

Dadelik het ek gedink "Arme ma, die kinders het haar laat kopverloor"

Kort voor donker was ek veilig tuis - wat 'n dag se besondere grondpadry was dit vandag!
 

Attachments

  • 20231118_070000 Beskuit met sonop.jpg
    20231118_070000 Beskuit met sonop.jpg
    118.5 KB · Views: 0
  • 20231118_082600.jpg
    20231118_082600.jpg
    816.9 KB · Views: 0
Last edited:
Top