'n Draai in die Tankwa

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Jis, dit lyk lekker.  Julle fotos wys dat daar oorgenoeg asem in die Karoo is.  Dankie vir die deel. 
 
Dankie vir die deel, Ek moet nog Ganagga Pas doen en sommer vinnig ook voor die groot Reen kom. :thumleft:
 
Ons het al al daai paaie platgery en selfs een aand het ek en vroulief(dink 2006/7) daar by daai ou bouval geslaap. Ons moes vriende erens daar kry, maar het verdwaal geraak. Dit was voor gps tye en die aand het ons kom vang. Lekker kamp opgeslaan en n blikkie baked beans en water gehad vir aandete.

Maaaar, daai Koedoeskloofpas. Vir hom moet ons nog gaan soek. Het al voorheen gelees van hom, maar nog nie gaan ry nie :thumleft:

Dankie vir die lekker lees
 
Offshore said:
Ek moet nog Ganagga Pas doen
Ja, hoe gouer hoe beter!
Die Ganagapas en Oubergpas is twee landmerke wat regtig besonders is.
Nie moeilik om te ry nie en die vistas en rotsformasies is baie besonders.

VaalBaas said:
Maaaar, daai Koedoeskloofpas. Vir hom moet ons nog gaan soek. Het al voorheen gelees van hom, maar nog nie gaan ry nie :thumleft:
Koedoebergpas is kort, steil en tegnies. 'n Lekker avontuur,

Ons hier in die WesKaap is regtig geseend met ongelooflike roetes.
Wye vlaktes van die Tankwa, dosyne bergpasse (teer en grond), Sederberg met sy roetes, die Weskus (=baie sand), kusroetes al met die see-langs.
Wat meer is, winter/somer, koue/warmte, droog/nat bring elkeen sy eie avonture

:) :)

En boonop kan mens enige van hierdie plekke oor-en-oor ry sonder om uitgekuier te raak.
 
Beautiful trip! Thx for sharing. I had planned to do parts of your route in 2020 - unfortunately C19 stopped just about everything  :mad:

I enjoy the Alps, but I sorely miss the wide open spaces of SA, esp. Karoo and the likes. Even after emigrating to Europe years ago my favourite travel destination is still Southern Africa  :)  Europe is just too densely populated  :-[
 
Dankie vd deel.  Het al van daai paaie gery, maar nou gesien daar is nog om te ry.

Wil nog by Ganna Hotel gaan oorslaap, alhoewel ek al daar was.  Dit is eintlik baie mooi en iets besonders daar.
 
Ja, hoe gouer hoe beter!
Die Ganagapas en Oubergpas is twee landmerke wat regtig besonders is.
Nie moeilik om te ry nie en die vistas en rotsformasies is baie besonders.

Dankie GK, het dit die Week gedoen, af met Ganaga en op met Ouberg. Dit was een van my lekkerste Trips. :thumleft:
 
Dankie GK, lekker om saam met jou seun te ry.

EK hat al baie daar rond gery maar nog nooit oor die Koedoeskloof pas nie,
sal hom volgende keer moet inwerk.
 
MellowJo said:
Ek het al baie daar rond gery maar nog nooit oor die Koedoeskloof pas nie,
sal hom volgende keer moet inwerk.
Ja, doen hom gerus. Kort en tegnies uitdagend (veral vir ons manne met heelwat jare in die lyf!)
Maar moeite werd. Mooi uitsig van heelbo op die hoogste punt.

skydiver said:
Respek vir julle met die groot adv bikes  :thumleft:
Jip, 'n groot fiets is maar n handvol op rofpad, en hy neig om swwarder te word soos jou jare meer word!!
Maar hulle is onverbeterlik vir toer en en langpad en vragdra. Daarom verdra mens die bietjie sukkel met hom in die rof  (en jy voel goed wanneer jy terugkyk en besef jy het die rof met hom oorwin)
 
Dankie vir n lekker verslag. Die Tankwa is een van my MOET doen trips. Ou murasies fasineer my en ek ry maar moeilik verby sonder om dit eers te verken.
 
Top