EmERGENCY in Gobabis/ Buitepos

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

EwaldSchmidt

Pack Dog
Joined
Apr 28, 2014
Messages
226
Reaction score
0
Location
Nylstroom
Bike
BMW R1150GS
Goeiemiddag Honne. Ek sit met 'n reuse krisis ier by Eastgate by Buitepos. MY R1150GS se Driveshaft seël lek 'n helse klomp olie, en ons gaan nie verder kan ry nie.

Is daar enige iemand met raad hoe ek my fiets op 'n lorrie SA toe kan kry? Hoe ek my en vroulief in SA kan kry? EK hoor die seël self is nie baie duur in SA nie, maar ek het nou geen idee om een hier te kry of hoe om dit te vervang nie. Enige goeie raad sal nou baie welkom wees! Selfs billike aanbiedinge vir die varkie sal vanaand oorweeg word... 
 
Aai man dis nie lekker nie, gaan niks belowe nie maar kan more probeer uitvind of ek dalk kan iets reel met vervoer. Stuur net vir my jou nommer sodat ek jou kan kontak indien ek kan regkom?

Groete
 
Jis ou, moennie te oorhaastig wees nie. 

Probeer die fiets in Windhoek, wat nie baie ver vandaar af is nie, te kry.  Sover ek weet behoort jy daar reg te kan kom, dan kan jy jou trip verder aanpak of anders terug kom huistoe, met die fiets. 
Maak die deel van jou avontuur en leer uit die proses.  Tou opgooi is nie 'n opsie nie.  :thumleft: 

Sterkte en hoop vir die beste. 
 
Aai Ewald...

Dis nie n lekker situasie nie.

Maar, wees rustig, en slaap hieroor. More oggend sal jy iets uitfigure, die bike laat regmaak, en dan ry jy en vroulief weer verder.

Soos hierbo geskryf, maak n plan en kry die bike in Windhoek. Daar sal hulle hom kan herstel.  :thumleft:

Hou moet man, dis nou alles deel van die avontuur  :ricky:
 
Organise iets met die locals en kry die bike in Windhoek. Agter op n bakkie, donkie kar of lorrie - deel van die ervaring.
 
Die mense by Namtrans gaan my dalk kan help tot in Gaberone, en daar is 'n mens heelwat nader aan hulp van onse mense se kant af. Sal julle raad volg en nou rustig gaan slaap, baie dankie!
 
Hier is die ook n alterantiewe bearing kit nommer wat ek nou van die boks gekry het NTN6917 (Wat ek gekry het)
 
As jy nie regkom, kontak jou versekering daar is gewoonlik n repatriaie opsie by jou polis ingesluut.

Sterkte, hoop jy kom reg
 
Ewald sal jy die seel self kan vervang, dan kan ek kyk of ek een by Dieter van BMW kan kry en vir jou stuur Buitepos toe. Andersins moet jy kyk of jy nie n lift vir die fiets kan kry tot in Windhoek nie ek is seker Dieter sal jou help hier. Vra by Eastgate of hulle nie weet van bakkie wat Windhoek toe kom nie. Ek is seker hulle sal jou selfs in Gobabis kan help om die seel te vervang as ek die parte tot daar kan stuur, daar is daagliks n courier tussen Windhoek en Gobabis
 
Ewald,

Jammer ek is te ver om onmiddelik te help maar Dieter in Windhoek sal jou definitief kan help. Jy kan hom bel by +264 811274985. Daar is altyd 'n manier om of die seel by jou te kry of die bike in Windhoek. Laat maar weet as jy verder hulp nodig het met die reelings.

Martin

+264811412390
 
Hi Ewald
Deon van Vuuren is die eienaar van Eastgate en 'n baie behulpsame person. Praat met hom en vra of hy nie kan help om die bike in Windhoek te kry nie of alternatiewelik in Gobabis. Daar sal definitief 'n garage wees wat die seel kan vervang.
Laat weet maar, hoop jy kom reg.
Groete
 
Hoor niks van Ewald nie, hy het seker maar die Namtrans opsie na Gaberone gedoen
 
Hoop ook hulle kom reg in Gaberone
Ek het darem vir Ewald en Annelie en die res van hulle span Dinsdag by die Bybel Genootskap ontmoet waar hulle 'n praatjie gelewer het oor die Word Riders
Laat weet ons as hulle veilig terug is by die huis :)
 
Ewald en Annelie was vanoggend 2:00 veilig tuis na 'n lang rit per trok.  Hy gaan in die week sy fiets haal wat in die Rand by 'n depot staan om die skade te bepaal. 

Welkom terug julle, ons bly julle is veilig en glo dit wat gebeur het is alles deel van julle avontuur gewees.
 
Hallo Almal!

Ekskuus vir die stilte, my foon wou en wil nog steeds die afgelope paar weke niks data dinge doen nie...

Wat toe gebeur het. Ons het nog gewag vir NAMTRANS se antwoord, ek glo hulle  sou help.  Dis darem 'n baie mislike gevoel as jy so in jou tentjie lê en nie weet wat of wanneer iets gaan gebeur nie. Maar dit het toe mooi uitgewerk.

Gisteroggend het 'n paar manne van Absolute Logistics daar voor eastgate gestop, wat met leë vragmotors op pad na hulle depot in Johannesburg is. Hulle het gou hulle hoofkantoor gebel, en toestemming gekry. My motorfiets is deur omtrent 12 plaaslike bevolkingslede opgetel en mooi vasgestrap. Ek en my vrou moes in verskillende lorries ry, maar ons is so teen 08h00 weg daar saam met Hein en Chris se lorries.

Ek het sommer baie nuwe respek vir die vragmotorbestuurders gekry... ons het die hele dag lank gery, net vinnig koffie by Kang gedrink, bene gestrek by die grens, en teen middernag gestop by die ENgen garage op die N4 by Dr Swanepoel, waar ons opgelaai is.

Ek kry my bike Maandag by hulle depot. Dit klink by julle of dit nie groot skade is nie, Lyk nie of die bearing seergekry het nie. Net om dit te laat doen Maandag, dink ek gaan maar weer vir Mike Jones vra wat my fiets gediens het.

Ek het nou op my blog begin om die storie te vertel maar sal dit hier ook met 'n Ride Report begin vertel.

Ek moet net sê- die Motorfietsgemeenskap is 'n wonderlike klomp mense!

Jammer oor dié wat ek nie op die roete kon besoek nie, julle sal ook meer verstaan soos die ride report ontwikkel!

So ja, vanoggend 2 uur veilig tuis gekom. Dankie almal!
 
Mooi man, bly alles het goed verloop.  Kry nou net daai bike uitgesorteer. 
Sterkte, wag vir die RR.  :thumleft:
 

Latest posts

Top